Welkom by die Nuwe Hervorming Netwerk
Die webblad van die Nuwe Hervorming Netwerk (NHN) is ’n ruimte waar mense idees uitruil oor hoe hulle die nuutste inligting oor die heelal, die aarde en lewe op aarde integreer met die nuutste inligting oor die Bybel, Jesus van Nasaret, die Christelike godsdiens, sowel as ander godsdienste en denkrigtings. Hierdie ruimte is vir mense wat oor hulle soeke na sin wil praat. Ons is pelgrims op ons eie lewensreise en ons moet van tyd tot tyd by ’n oase aandoen om asem te skep, ons dors te les en gesprekke aan te knoop voordat ons ons reise voortsit. Hierdie webblad is so ’n oase.
