Begeleiding en Spesiale dienste

  Tradisioneel vervul die kerk ‘n baie belangrike rol wanneer mense krisisse en/of belangrike lewensoorgange beleef.
Die NHN is nie ‘n kerk nie, maar met ons beskikbare interne kundigheid en vaardigheid
 help ons graag met die volgende:

BEGELEIDING

Dekonstruksie
 'n Mens kan baie swaar kry wanneer die godsdienstige verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het, in duie stort. 
Ons kan luister en verstaan en jou verwys na hulpbronne wat jou kan help om jou eie nuwe pad oop te kap. 

 

Persoonlike krisisse
Traumatiese ervarings, egskeiding, diagnosering van 'n ernstige siekte... ons kan jou verwys na professionele terapeute
wat self 'n eietydse denkraamwerk aanhang en by wie jy waarskynlik meer aanklank sal vind
as by iemand wat vanuit 'n tradisionele godsdienstige benadering werk.


Sterwensbegeleiding
Ons sal graag ondersteuning bied as jy of een van jou geliefdes weet dat hulle nie meer lank gaan lewe nie.
Ons is nie voorskriftelik oor hoe enige iemand "behoort" te dink oor lewe of dood nie.

SPESIALE SEREMONIES

 Dis heeltemal moontlik om belangrike gebeurtenisse op 'n eietydse manier sielvol te beplan en te vier. 
Ons kan help met

Viering van nuwe lewe

Huwelikseremonies

Afskeid van lewe

 

Voltooi asseblief die vorm hieronder indien jy enige van hierdie dienste wil benut.


 "Stop forcing life to be the way you want it to be, rather accept accept and let it be the way it is." -- Byron Katie