BOEK- EN FLIEKBLAD


The Believing Brain
Deur: Dr Michael Shermer
Geloof is nie net die manier waarop ons met godsdiens omgaan nie. Wat ons glo bepaal ook hoe ons ander omgewings soos kultuur, politiek en ekonomie benader. Hoekom glo ons wat ons glo? Wat kom eerste, begrip of geloof? Kan geloofstandpunte verander? Waar lę die setel van geloof: in die hart of die verstand? Kan ook die skeptiese brein mislei word?
Gepubliseer op : Vr 18 Mei 12  [Lees Meer]

The third chimpanzee
Deur: Jared Diamond
In "The rise and fall of the third chimpanzee", Jared Diamond addresses the key question of how the human species changed, within a short time, from just another species of big mammal to a world conqueror; and how we acquired the capacity to reverse all that progress overnight, in short, how our animal heritage affects the way we live.  [Lees Meer]

The God we never knew: Beyond dogmatic religion to a more authentic contemporary faith
Deur: Pieter Craffert
Wat maak mens as jy besef dat die godsvoorstelling uit jou kindertyd nie meer werk nie? As jy besef dat die idee van "God" as 'n bonatuurlike wese daar buite, wat die węreld gemaak het en van tyd tot tyd nog ingegryp het met wonders en wat eendag weer sal oordeel (elkeen volgens sy en haar dade), net 'n dogmatiese voorstelling van mense is? Jy verwerp godsdiens geheel en al en probeer sin vind in 'n ander tradisie, of jy soek na 'n alternatiewe verwoording van die Christendom. Laasgenoemde is presies wat Marcus Borg in hierdie boekie aanbied.  [Lees Meer]

Stages of faith: the psychology of human development
Deur: James W. Fowler
Dit is 'n moeilike boek dié, altans vir my. Dit handel oor die verskillende stadia waardeur die mens se geloofsontwikkeling gaan. Dat die boek moeilik is, is aan verskeie faktore te wyt. Eerstens veronderstel dit van die leser 'n sekere gemaklikheid met die ontwikkelingsielkunde en begrippe daar rondom. Dit is bedoel om vir leke toeganklik te wees, maar is in werklikheid 'n navorsingsverslag. Tweedens is geloof 'n verskynsel wat hom moeilik in 'n harnas laat vasvang. Dit is te veelfasettig vir eenvoudige definisies en is so deel van die hele mens dat dit moeilik is, ook vir die navorser, om onbevange daarna te kyk. Derdens het dit te doen met die skrywer se aanbiedingstyl. Hy is geneig om sy gedagtes indirek oor te dra en laat dit aan die leser oor om gedagtespronge te maak en hiate te vul. Hy gaan ook in baie opsigte agterstevoor te werk: dinge wat aan die begin gesę moes word, duik dikwels eers naby die einde op.  [Lees Meer]

Rescuing Jesus from the Christians
Deur: C. Sullivan
Ek het verlede jaar die boek van Clayton Sullivan van oorsee bestel bloot op grond van die titel wat my oog gevang het. In die voorwoord skryf hy die volgende: 'Rescuing Jesus from the Christians has not been written for academics or for the clergy. Instead it has been written for reflective laypersons who are not satisfied with the belief system they encounter in orthodox Christianity. I have written Rescuing Jesus from the Christians out of the conviction we are living in an era that requires a reconceptualization of the Christian faith.'  [Lees Meer]

From Science, Philosophy and Spirituality to your own Religion
Deur:
Hierdie is 'n heel interessante boek. Dis geskryf deur 'n Suid-Afrikaanse ingenieur wat 'n belangstelling in filosofie, geskiedenis en teologie ontwikkel het. Dit vertel die verhaal van die ontstaan en groei van die Christelike godsdiens teen die agtergrond van ander godsdienste van die antieke węreld. Dit wys op bepaalde ooreenkomste en verskille en dui 'n weg uit die impasse waarin die tradisionele Christelike godsdiens beland het. Hierdie godsdiens is grootliks gebaseer op die teologie van die Latynse kerkvaders wat nie goeie kennis van Hebreeus gehad het nie en heelwat tekste letterlik geďnterpreteer het. Die boek hou verband met navorsing wat die skrywer vir die verwerwing van 'n meestersgraad in teologie aan Unisa gedoen het.  [Lees Meer]

Die Agterhuis
Deur: Lina Spies
Die volgende is die lesing van prof Lina Spies gelewer in die Holocaust-Museum (Kaapstad), Maandag 16 Junie 2008, tydens die amptelike bekenstelling van die vertaling van die dagboek van Anne Frank.  [Lees Meer]

Die Agterhuis
Deur: Alphonso Groenewald
“O ja, ek wil nie soos die meeste mense vir niks geleef het nie. Ek wil nuttig wees of vreugde gee vir die mense wat om my leef en my tog nie ken nie, ek wil voortlewe, ook ná my dood!” So skryf Anne Frank in Die Agterhuis, een van die mees gelese boeke ter węreld. In hierdie dagboek vertel die tienderjarige Anne die boeiende verhaal van die Duits-Joodse gesin Frank wat tydens die Tweede Węreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Die dagboek doen ook op aangrypende wyse verslag van die gewaarwordinge en gevoelens van ‘n jong meisie in uiters moeilike omstandighede.  [Lees Meer]

Die Evangelie is op die Spel
Deur: Adrio König
Daar heers tans 'n lewendige debat in die pers oor hierdie boek. Wat ek hier kwytraak is nie 'n volledige resensie van die boek nie - dis eerder ‘n paar gedagtes oor wat my opgeval het by die lees van hierdie boek. Die opstandingsienings van Julian Muller, Dirk Human, Ben du Toit en Danie Veldsman hanteer ek nie hier nie omdat ek nie hul geskrifte daaroor gelees het nie. Trouens, dit sou baie interessant wees indien hulle König se uitnodiging tot 'n openbare debat aanvaar.   [Lees Meer]

Jesus van Nasaret; Enkele perspektiewe
Deur:
In Jesus van Nasaret stel Sakkie Spangenberg die leser bekend aan ’n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met ’n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met ’n Sondagskool- en ’n Katkisasie-perspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid.   [Lees Meer]

Wat sę die Bybel regtig oor..
Deur: C.B. Powell Bybelskool
Hierdie is 'n reeks boekies wat deur die C.B. Powell Bybelskool uitgegee word met die bedoeling om huidige vraagstukke wat met die Bybel verbind word, op 'n deurdagte en histories-sensitiewe wyse te bespreek. Die volgende titels is beskikbaar: Wat sę die Bybel oor...   [Lees Meer]

The Life of a Galilean Shaman
Deur: Pieter F Craffert
Historical Jesus research remains trapped in the positivistic historiographical framework from which it emerged more than a hundred and fifty years ago. This is confirmed by the nested assumptions shared by the majority of researchers. These include the idea that a historical figure could not have been like the Gospel portrayals and consequently the Gospels have developed in a linear and layered fashion from the authentic kernels to the elaborated literary constructions as they are known today. The aim of historical Jesus research, therefore, is to identify the authentic material from which the historical figure as a social type underneath the overlay is constructed. Anthropological historiography offers an alternative framework for dealing with Jesus of Nazareth as a social personage fully embedded in a first-century Mediterranean worldview and the Gospels as cultural artifacts related to this figure. The shamanic complex can account for the cultural processes and dynamics related to his social personage.  [Lees Meer]

The Jesus Dynasty
Deur: Christo Landman
James D. Tabor is ‘n Bybelse argeoloog en voorsitter van Godsdienstudies aan die Universiteit van Carolina (VSA). Oor “The Jesus Dynasty” skryf Bart Ehrman van dieselfde Universiteit dat hierdie ‘n werk is wat anders is as wat die publiek voorheen insae in gehad het. Die boek val in die kader van die sg. historiese Jesus Navorsing. In hierdie navorsing word uitgegaan van die standpunt dat die werklike Jesus van sy tyd ingrypend verskil van die mitiese Jesus van die kerklike dogma. “The Jesus Dynasty kan getipeer word as ‘n nuwe historiese ondersoek na Jesus, na die koninklike familie van Jesus en die geboorte van die Christendom na die sterwe van Jesus.   [Lees Meer]

Teologie op die markplein
Deur: Sakkie Spangenberg
'n Versameling voordragte en kort artikels wat Sakkie se nadenke oor geloof, die węreld waarin hy groot geword het en die eeu waarin hy tans leef, weerspieël. "Ek publiseer hierdie opstelle ter illustrasie dat alle teoloë kinders van hulle tyd is.   [Lees Meer]

Ruim geloven: Een theologisch zelfportret
Deur: Sakkie Spangenberg
n Interessante ontwikkeling op die terrein van die teologie is dat teoloë deesdae outobiografieë skryf. Dis egter nie droë vertellings oor die teoloog se lewe nie, maar pakkende vertellings van die persoon se betrokkenheid by die kerklike lewe en die teologie. Dit vertel iets van die ontwikkelinge in die betrokke kerk en die teologie, en die teoloog se betrokkenheid daarby.  [Lees Meer]

Om die Bybel anders te lees
Deur: G.F. Snyman
In 1994, die jaar waarin Suid-Afrika ’n regeringsverandering ondergaan het, publiseer Ferdinand Deist sy boek Ervaring, Rede en Metode in Skrifuitleg: ’n Wetenskapshistoriese ondersoek na Skrifuitleg in die Ned. Geref. Kerk 1840–1990. Die boek hou verband met ’n omvattende navorsingsprojek wat gehandel het oor die Skrifbeskouing en -gebruik in die Ned. Geref. Kerk, die Ned. Herv. Kerk, die Gereformeerde Kerke en die Apostoliese Geloofsending. Na regte bied sy boek slegs die resultate van die ondersoek na die Ned. Geref. Kerk se Skrifbeskouing en -gebruik soos dit ontwikkel het oor ’n tydperk van honderd en vyftig jaar.  [Lees Meer]

Doodloopstrate van die geloof — 'n Perspektief op die Nuwe Hervorming
Deur: J. Durand
Die Nuwe Hervorming Netwerk het pas sy eerste verjaardag gevier. Alhoewel die netwerk nie duisende lede het nie, bly dit vir vele Afrikaanssprekende Christene 'n doring in die vlees. Heelwat tydskrif- en koerantartikels wat deesdae oor die Christelike geloof handel, bevat nie net 'n verwysing na die Nuwe Hervorming, maar dikwels ook negatiewe kommentaar.   [Lees Meer]

God is not Great: How Religion Poisons Everything
Deur: Christopher Hitchens
od is not Great: How Religion Poisons Everything van Christopher Hitchens is reeds in 2007 deur Grand Central Publishing/Twelve uitgegee en in 2008 op die Amerikaanse National Book Award se kortlys geplaas.   [Lees Meer]


 Religion is regarded by the common people as true, by the wise as false, and by the rulers as useful — Edward Gibbon