Wyer Netwerk & geesgenote

Hierdie bladsy voorsien skakels na geesgenote -  
Suid- Afrikaanse en internasionale organisasies en individue waarmee die NHN assosieer.  


  • Renaissance Christelike Gemeente

  • Omdat Renaissance 'n familie van oop, denkende en eerlike reisigers is, is dit vir ons belangrik om gereeld met mekaar te praat. Ons is nie bang om oor moeilike sake te gesels nie of om saam te groei nie. Dit beteken natuurlik dat ons nooit finale antwoorde kan hê nie, want groei impliseer ontdekking en ontdekking impliseer groei. Renaissance wil 'n veilige ruimte wees vir almal wat soekende is. Ons weet dat alle tradisies waarheid bevat en daarom probeer ons om met eerbied en respek te haal vanuit al die geestelike tradisies wat ons kan help op ons reis. Ons waardes word daarom gekenmerk deur openheid, eerlikheid, liefde, nederigheid, en om nie te veroordeel nie.
    [Skakel]

  • SES: Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit

  • Die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit wil 'n ruimte vir oop religieuse gesprek verskaf. In hierdie spirituele ruimte kan nuwe gedeelde waardes ontwikkel word, en 'n nuwe verstaan en lewensin kan gevind word. Hierdie ruimte verskaf 'n spirituele tuiste vir mense wat hulle met vrye en oop denke identifiseer.
    [Skakel]

  • KLETSKERK

  • Kletskerk is ‘n OOP forum waar enigiemand sy/haar mening oor geloof, kerk en ander sake kan gee. Mense van verskillende kerke, geloofsoortuigings asook agnostici en ateïste neem aan die forum deel. Ter wille van ‘n oop gesprek word die minimum moderering toegepas.
    [Skakel]

  • Markplein

  • Markplein: 'n Ruimte vir Interaksie oor Menswees (Markplein staan onder beheer van Diek van Wyk en Coenie Nolte) In vervloë tye was markpleine ruimtes waarin goedere van hand verwissel het, waar ruilhandel plaasgevind het. Dit was ruimtes waar intense interaksie plaasgevind het. Daar is gebie en gestry, voordele en nadele uitgewys, swak punte en sterk punte uitgelig, geargumenteer en ooreengekom, en daar is geanimeerd in groepies gestaan en gesels. Markpleine het veral die geleentheid gebied vir mense wat andersins nie kontak met mekaar kon hê nie, om vir ‘n wyle oogkontak te maak. Sien Maart 2012 se uitgawe.
    [Skakel]

Stuur 'n Voorstel


It is not desirable to cultivate a respect for the law so much as for the right. - Henry David Thoreau