Ons Kennisbasis
kennisbasis...
Artikels | |||
|
Kan ons ‘n nuwe Meesternarratief met ‘n nuwer, of beter verklaringskapasiteit daarstel? Deur: Izak du Plessis In die meeste Afrikaanse mense se lewensverhale speel die groot storie van die Christelike geloof 'n beslissende rol. Elke oomblik van geboorte af word ingeweef in die verhaal van skepping, sondeval, verlossing en weersiens in die lewe hierna. Dis 'n verhaal wat mense in 'n sekere mate vervreem van die wêreld waarin hulle leef. Dis 'n verhaal wat mense selfs van ander mense vervreem omdat hulle te vreemd is vir die raamwerk waarbinne die ander leef. [Lees Meer] ETIEK, WAARDES EN 'N VOLHOUBARE TOEKOMS Deur: Biskop Geoff Davies (SAFCEI) Wat laat ons vir ons kinders na? Wat is ons verantwoordelikheid as dit kom by 'n volhoubare toekoms vir die nageslag? Ons lewe in 'n grypsugtige gemeenskap. Wat maak ons met die ongelooflike goedheid wat in menswees setel? [Lees Meer] Die Wetenskaplike Skeppingsverhaal Deur: Hennie Strydom, met bywerking deur Siep Talma Die mensdom, soos wat ons dit uit die geskiedenis ken, is maar die puntjie van die ysberg van evolusie wat plaasgevind het oor ‘n ontsaglike tydsverloop. Dit is trouens moeilik om die onmeetlikheid van die betrokke tydperke te visualiseer. [Lees Meer] Darwin se Evolusieteorie Deur: Charles Robert Darwin is op die 12 Februarie 1809 te Shropshire, Engeland gebore... Charles het op skool bra swak presteer, maar dit geniet om skulpe te versamel. Op sestienjarige ouderdom word hy na die Universiteit van Edinburg gestuur om medisyne te studeer. [Lees Meer] HERVORMING, NUUT EN ANDERSINS Deur: Diek van Wyk Sowat 11 jaar gelede het 'n nuwe begrip hom in die godsdienstige landskap tuisgemaak: Nuwe Hervorming. Dit het 'n periode van hewige, soms bitsige debatvoering in kerklike kringe, die openbare pers en op die internet ingelui. Mettertyd het die stof ietwat gaan le en is die sogenaamde nuwe hervorming (NH) nie meer so hewig onder skoot nie. Die tyd is dus nou meer gelee om perspektief te probeer kry op die verskynsel wat gemoedere so gaande gemaak het. [Lees Meer] Aftieklys Deur: Chris, Hannie en Hendrik [Lees Meer] Moet Suid-Afrika lei? Deur: Prof Anthoni van Nieuwkerk Heelwat kommentators meen Suid-Afrika het ‘n roeping om Afrika te lei. Die roeping is eintlik ‘n verwagting onder buitelanders en bestuurders van internasionale organisasies dat ons relatief ontwikkelde status ‘n verantwoordelikheid op ons skouers plaas om ander, minder geseënde lande, uit armoede en onstabiliteit te help. [Lees Meer] How Doctors Die Deur: Prof Ken Murray It’s not a frequent topic of discussion, but doctors die, too. And they don’t die like the rest of us. What’s unusual about them is not how much treatment they get compared to most Americans, but how little. For all the time they spend fending off the deaths of others, they tend to be fairly serene when faced with death themselves. They know exactly what is going to happen, they know the choices, and they generally have access to any sort of medical care they could want. But they go gently. [Lees Meer] Die Bybel: Woord van God, of oor God? Deur: Sakkie Spangenberg Waarom ons nog enigsins met die Bybel besig hou? Kan ons nog praat van die Bybel as daar ten minste drie tradisies bestaan? Hoe is daar tradisioneel oor die Bybel gedink? Hoe moet ons vandag oor die Bybel dink? [Lees Meer] Wat gemaak met Kersfees? Deur: Sakkie Spangenberg Maak dit nog sin om Jesus se geboorte te vier as 'n mens afskeid geneem het van die tradisionele dogmas? Na my mening... [Lees Meer]
| |||
Boeke & flieks | |||
|
Om die Bybel anders te lees Deur: G.F. Snyman In 1994, die jaar waarin Suid-Afrika ’n regeringsverandering ondergaan het, publiseer Ferdinand Deist sy boek Ervaring, Rede en Metode in Skrifuitleg: ’n Wetenskapshistoriese ondersoek na Skrifuitleg in die Ned. Geref. Kerk 1840–1990. Die boek hou verband met ’n omvattende navorsingsprojek wat gehandel het oor die Skrifbeskouing en -gebruik in die Ned. Geref. Kerk, die Ned. Herv. Kerk, die Gereformeerde Kerke en die Apostoliese Geloofsending. Na regte bied sy boek slegs die resultate van die ondersoek na die Ned. Geref. Kerk se Skrifbeskouing en -gebruik soos dit ontwikkel het oor ’n tydperk van honderd en vyftig jaar. [Lees Meer] Ruim geloven: Een theologisch zelfportret Deur: Sakkie Spangenberg n Interessante ontwikkeling op die terrein van die teologie is dat teoloë deesdae outobiografieë skryf. Dis egter nie droë vertellings oor die teoloog se lewe nie, maar pakkende vertellings van die persoon se betrokkenheid by die kerklike lewe en die teologie. Dit vertel iets van die ontwikkelinge in die betrokke kerk en die teologie, en die teoloog se betrokkenheid daarby. [Lees Meer] Teologie op die markplein Deur: Sakkie Spangenberg 'n Versameling voordragte en kort artikels wat Sakkie se nadenke oor geloof, die wêreld waarin hy groot geword het en die eeu waarin hy tans leef, weerspieël. "Ek publiseer hierdie opstelle ter illustrasie dat alle teoloë kinders van hulle tyd is. [Lees Meer] The Jesus Dynasty Deur: Christo Landman James D. Tabor is ‘n Bybelse argeoloog en voorsitter van Godsdienstudies aan die Universiteit van Carolina (VSA). Oor “The Jesus Dynasty” skryf Bart Ehrman van dieselfde Universiteit dat hierdie ‘n werk is wat anders is as wat die publiek voorheen insae in gehad het. Die boek val in die kader van die sg. historiese Jesus Navorsing. In hierdie navorsing word uitgegaan van die standpunt dat die werklike Jesus van sy tyd ingrypend verskil van die mitiese Jesus van die kerklike dogma. “The Jesus Dynasty kan getipeer word as ‘n nuwe historiese ondersoek na Jesus, na die koninklike familie van Jesus en die geboorte van die Christendom na die sterwe van Jesus. [Lees Meer] The Life of a Galilean Shaman Deur: Pieter F Craffert Historical Jesus research remains trapped in the positivistic historiographical framework from which it emerged more than a hundred and fifty years ago. This is confirmed by the nested assumptions shared by the majority of researchers. These include the idea that a historical figure could not have been like the Gospel portrayals and consequently the Gospels have developed in a linear and layered fashion from the authentic kernels to the elaborated literary constructions as they are known today. The aim of historical Jesus research, therefore, is to identify the authentic material from which the historical figure as a social type underneath the overlay is constructed. Anthropological historiography offers an alternative framework for dealing with Jesus of Nazareth as a social personage fully embedded in a first-century Mediterranean worldview and the Gospels as cultural artifacts related to this figure. The shamanic complex can account for the cultural processes and dynamics related to his social personage. [Lees Meer] Wat sê die Bybel regtig oor.. Deur: C.B. Powell Bybelskool Hierdie is 'n reeks boekies wat deur die C.B. Powell Bybelskool uitgegee word met die bedoeling om huidige vraagstukke wat met die Bybel verbind word, op 'n deurdagte en histories-sensitiewe wyse te bespreek. Die volgende titels is beskikbaar: Wat sê die Bybel oor... [Lees Meer] Jesus van Nasaret; Enkele perspektiewe Deur: In Jesus van Nasaret stel Sakkie Spangenberg die leser bekend aan ’n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met ’n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met ’n Sondagskool- en ’n Katkisasie-perspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid. [Lees Meer] Die Evangelie is op die Spel Deur: Adrio König Daar heers tans 'n lewendige debat in die pers oor hierdie boek. Wat ek hier kwytraak is nie 'n volledige resensie van die boek nie - dis eerder ‘n paar gedagtes oor wat my opgeval het by die lees van hierdie boek. Die opstandingsienings van Julian Muller, Dirk Human, Ben du Toit en Danie Veldsman hanteer ek nie hier nie omdat ek nie hul geskrifte daaroor gelees het nie. Trouens, dit sou baie interessant wees indien hulle König se uitnodiging tot 'n openbare debat aanvaar. [Lees Meer] God is not Great: How Religion Poisons Everything Deur: Christopher Hitchens od is not Great: How Religion Poisons Everything van Christopher Hitchens is reeds in 2007 deur Grand Central Publishing/Twelve uitgegee en in 2008 op die Amerikaanse National Book Award se kortlys geplaas. [Lees Meer] Doodloopstrate van die geloof — 'n Perspektief op die Nuwe Hervorming Deur: J. Durand Die Nuwe Hervorming Netwerk het pas sy eerste verjaardag gevier. Alhoewel die netwerk nie duisende lede het nie, bly dit vir vele Afrikaanssprekende Christene 'n doring in die vlees. Heelwat tydskrif- en koerantartikels wat deesdae oor die Christelike geloof handel, bevat nie net 'n verwysing na die Nuwe Hervorming, maar dikwels ook negatiewe kommentaar. [Lees Meer]
| |||
In die Media | |||
Komende Aanbiedings:
Vorige Aanbiedings:
| So 04 Des 11 | GULEN MOVEMENT, INTERFAITH DIALOGUE & TURQUOISE HARMONY INSTITUTE AYDIN INAL |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() ![]() | |
| So 20 Nov 11 | ONS PLEK OP AARDE ANTHONI VAN NIEUWKERK |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() ![]() | |
| So 06 Nov 11 | KAN WURMS VLIEG? LEWE IN DIE TRANSFORMASIE-SPASIE FRITZ HÖLSCHER |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 23 Okt 11 | DIE RED VAN REËNWOUDE - MY DIENS AAN GOD CHRIS MARAIS |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 09 Okt 11 | IS DROME BETEKENISVOLLE BOODSKAPPE VAN DIE NAG? DEON VAN ZYL |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 11 Sep 11 | AGTER DIE SOMBER GORDYN : ‘N ONTHULLENDE STUDIE OOR DIE VERGETE GESKIEDENIS VAN DIE AFRIKAANSE SPIRITISME JOHANNES DE VILLIERS |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 14 Aug 11 | THE CHANGING PRESENTATION OF TRAUMA THROUGH THE AGES ELAINE BING |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 17 Jul 11 | Wanneer die tradisionele Christelike geloof nie meer sin maak nie: Die soeke na iets in die plek van die staatsreligie van die Romeinse Ryk. Prof Sakkie Spangenberg |
| [Lees Meer ] | |
| So 19 Jun 11 | DIE RELEVANSIE VAN JESUS SE GODSDIENS VANDAG EBEN SCHEFFLER |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| So 05 Jun 11 | OOP RELIGIEUSE GESPREK PIETER CRAFFERT |
| [Lees Meer ] | |
![]() ![]() | |
| 1 2 | Volgende bladsy |
Evolution, as such, is no longer a theory for a modern author. It is as much a fact as that the earth revolves around the sun. - Ernst Mayr


