Ons plek in die kosmos

Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete van die son. Die son is ‘n ster is wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem, en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die senter. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 biljoen sterre, waarvan die meeste kleiner as die son is, maar sommige weer baie groter, So is die melkweg weer een van meer as 100 biljoen sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar-oue heelal vorm.

Ons, mense op die aarde, is enersyds eintlik maar ‘n weglaatbaar-klein deeltjie van die hele kosmos.  Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is. 

Op hierdie bladsy plaas ons graag artikels wat ons onder die indruk bring van die grootsheid van die skepping, ons plek in die skepping, asook die rol wat ons kan speel om die aarde ‘n langtermyn-bewoonbare plek te hou.

 

Neem gerus deel aan die proses!   

*  Begin ‘n gesprek op ons gespreksforum

*  Stuur ‘n artikel vir plasing op die Kosmos bladsy na ggenis@maxwell.co.za

*  Lewer kommentaar op die artikels wat reeds hier verskyn.

 

 

The first ARTHUR BLEKSLEY MEMORIAL LECTURE

 

The formation of solar systems, the discovery of exoplanets, and the quest for "New Worlds: In Search of Other Earths"  will be explored through recent observations from the ground and from space.

When: Thursday April 19, 2012       Time: 18h00 - 20h00

Venue: Science Stadium 2, Wits, Braamfontein Campus

Presented by: Prof. D Elmegreen

Enquiries: Rechelle Tsunke,  (011) 717-1193,  rechelle.tsunke@wits.ac.za

 

Die ontstaan van die heelal

  • Oorsprong van die Oerknal-teorie
    Deur :
    Die Oerknal- ("Big Bang"-) teorie is deesdae die algemeen aanvaarde verklaring vir die oorsprong van die heelal. Maar hoe het wetenskaplikes op die teorie besluit? Wie het die baanbrekerswerk gedoen sodat die teorie as 'n wesenlike feit beskou kon word? En hoekom moet ons op subatomiese vlak navorsing doen om die bestaan en oorsprong van die heelal te verstaan? Die meeste gebeure wat dié vrae kan antwoord, het in die twintigerjare van die twintigste eeu plaasgevind as gevolg van die deurslaggewende werk van Edwin Hubble, na wie die Hubble-ruimteteleskoop vernoem is.  [Lees Meer]

  • Die Wetenskaplike Skeppingsverhaal
    Deur : Hennie Strydom, met bywerking deur Siep Talma
    Die mensdom, soos wat ons dit uit die geskiedenis ken, is maar die puntjie van die ysberg van evolusie wat plaasgevind het oor ‘n ontsaglike tydsverloop. Dit is trouens moeilik om die onmeetlikheid van die betrokke tydperke te visualiseer.   [Lees Meer]

  • 1

Ruimte

  • Laws of physics may change across the universe
    Deur : New Scientist
    New evidence supports the idea that we live in an area of the universe that is "just right" for our existence. The controversial finding comes from an observation that one of the constants of nature appears to be different in different parts of the cosmos.  [Lees Meer]

  • 1

Die lewe / evolusie

  • Gold-mine worm shows animals could be living on Mars
    Deur :
    Nematodes (worms) just found deep in South African gold mines just once again proves that life as we think we know it is even more diverse. This finding could impact the way we look for life on other planets.   [Lees Meer]

  • Darwin se Evolusieteorie
    Deur :
    Charles Robert Darwin is op die 12 Februarie 1809 te Shropshire, Engeland gebore... Charles het op skool bra swak presteer, maar dit geniet om skulpe te versamel. Op sestienjarige ouderdom word hy na die Universiteit van Edinburg gestuur om medisyne te studeer.   [Lees Meer]

  • 1
  • The third chimpanzee
    Deur : Jared Diamond
    In "The rise and fall of the third chimpanzee", Jared Diamond addresses the key question of how the human species changed, within a short time, from just another species of big mammal to a world conqueror; and how we acquired the capacity to reverse all that progress overnight, in short, how our animal heritage affects the way we live.  [Lees Meer]

  • 1

Die omgewing / groen

  • Ekologiese samehang
    Deur : Schalk Burger
    Die woord ekologie is afgelei van die Griekse woorde oikos , wat tuiste beteken en logos , wat studie beteken. Ekologie beteken dus letterlik die studie van ons tuiste nl. die aarde. Daarom is dit 'n baie wye onderwerp wat alle natuurlike dinge, lewendig of nie, op ons planeet insluit. Dit verwys ook na die studie van verwantskappe, soos bv. tussen plante en klimaat, grond en rots, diere en plante, ens. In die laaste plek verwys dit na die prosesse wat in die natuur plaasvind, prosesse wat die interaksie tussen die onderskeie elemente van die natuur behels.  [Lees Meer]

  • 1

Algemeen

  • Die tweekoppige monster van tegnologie
    Deur : Collena Blanckenberg
    Waarom is die wêreld van die 21ste-eeuse mens aan die verbrokkel ondanks ongelooflike tegnologiese vooruitgang en briljante wetenskaplike prestasies? Collena Blanckenberg beantwoord die vraag deur te kyk na wat lê ágter die ingrypende impak van tegnologie op die mens se denk- en handelswyse.  [Lees Meer]

  • Kosmologie, Geologie en Teologie
    Deur : Sakkie Spangenberg
    Na die tsoenami-ramp het 'n mens nogal begrip vir die skrywer van die boek Openbaring. Sy droom vir die toekoms was 'n aarde sonder 'n see. Hy skryf in hoofstuk 21 die volgende: "En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie."  [Lees Meer]

  • 1


Man's inhumanity to man will continue as long as man loves God more than he loves his fellow man. - Joseph Lewis