NHN Lede
Baie dankie vir jou belangstelling in die NHN.
Watter waarde hou die NHN vir jou in?
· Ons verskaf ’n spirituele en sosiale tuiste aan mense wat hulle met vrye religieuse denke identifiseer.
· Ons verskaf ‘n platform waar ons idees uitruil oor hoe ‘n mens die nuutste inligting oor die heelal, die aarde, ons lewe op aarde en ons samelewing in jou lewe en lewensuitkyk kan integreer.
· Ons bied ‘n ruimte vir oop religieuse en verwante gesprek waar nuwe gedeelde waardes, lewensin en betekenis kan gedy.
· Ons twee-weeklikse Midrandbyeenkomste bied stimulerende, insiggewende lesings deur kundiges met geleentheid vir gesprekvoering daarna.
· Ons virtuele winkel voorsien ‘n omvattende reeks DVD’svan vorige Midrandlesings wat teen billike tariewe bestel kan word.
· Aan mense wat krities en ondersoekend is en soek na eietydse lewens-sin veral baat vind by die magdom inligting waaroor ons besin.
· Daar is ‘n aantal gespreksgroepe waar informele gesprekke in kleiner, meer intieme groepe plaasvind
· Ons bied toegang tot eietydse begeleidingsdienste vir mense wat deur krisisse en / of belangrike lewensoorgange werk.
Wie kan ‘n lid van die NHN wees?
· Enige persoon wat by die organissie betrokke raak, word as ‘n lid beskou.
Hoeveel kos ledegeld?
· Lidmaatskap is gratis!
· Die NHN aanvaar egter in goeie trou dat ‘n persoon wat met die NHN identifiseer én betrokke raak ook bereid sal wees om te help om die voortbestaan van die NHN met ‘n finansiële bydrae te verseker.
· ‘n Voorgestelde bydrae van R300 per persoon of R400 per gesin per jaar is ‘n riglyn, maar minder of meer is ook welkom.
Hoe raak ek by die NHN betrokke?
· Kliek hier om jou besonderhede aan ons te verskaf en sodoende ingelig te word oor alle NHN byeenkomste en gebeure. Jou inligting sal vertroulik hanteer word.
· Kyk op ons kalender en woon enige van ons byeenkomste by.
· Neem deel aan ons forumgesprekke.
· Lewer kommentaar op ons artikels .
· Skakel in by ‘n gespreksgroep.
Hoe maak ek ‘n bydrae?
Die NHN se bankbesonderhede vir elektroniese betalings en aftrekorders is:
Nedbank Centurion
Takkode: 162145
Rekeningnommer: 1621 207 811
Indien jy reeds by die NHN betrokke is en jou persoonlike inligting wil verander, kliek hier
"Stop forcing life to be the way you want it to be, rather accept accept and let it be the way it is." -- Byron Katie