Mense se stories
Nabetragting
Deur: Jan Bantjies
Ag, ek dink nie mens moet die onmoontlike en onwaarskynlike in die Bybel te dik aansmeer nie. Mens kan dit byvoorbeeld beskou as allegorieë, sinnebeeldige voorstellings van abstrakte begrippe of gebaseer op eietydse kennis van mense en van die heelal. Sommiges is tog waar, soos dat Dawid Batsheba bygekom het. Of is dit nie?
[Lees Meer]
Die beloning van twyfel is verligting - in paaiemente
Deur: Dom Petros
Eendag het ‘n pragtige, gereformeerde predikant vir die gemeente gevra dat dié wat seker is dat hulle hemel toe gaan moet opstaan. Ons het bly sit, bewus dat vele oë skerp op ons gerig was. Hierdie was ‘n geloofskrisis van epidemiese proporsies. Daardie dag het die dominee ons familie uit die kerk uitgepreek. [Lees Meer]
Ek wonder...
Deur: Mekeniek
Ek onthou nog goed toe ek vir die eerste keer in my lewetjie my oor goeters ‘verwonner’ het. Sondae in die bitter Europese koue wonder ek hoekom die oom voor in die kerk so kwaai met ons praat en sy vinger so na ons kant toe wys. En ek wonder hoekom hy sulke vreemde klere aanhet. En hoekom dit en hoekom dat ....
[Lees Meer]
Vrees en vryheid is nie bedmaats nie
Deur: Gerrit Visser
As kind het ek 'n geweldige vrees vir die hel gehad. As ek in 'n vuur gestaar het en aan die moontlikheid van 'n ewigheid in die hel gedink het, het ek letterlik 'n gevoel van duiseligheid ervaar. Hierdie vrees (die dominee het gesê dit is die Heilige Gees) het my in my st.7-jaar gedryf om [Lees Meer]
Koos Kombuis vertel van sy 3 bekerings
Deur: Koos Kombuis
Ek het drie keer in my lewe tot bekering gekom. Hierdie drie bekerings is die coolste goed wat ooit met my gebeur het. Dis vandag die eerste keer dat ek in die openbaar daaroor praat. [Lees Meer]
We know now that the soul is the body, and the body the soul. They tell us they are different because they want to persuade us that we can keep our souls if we let them make slaves of our bodies. - George Bernard Shaw