Religie

Mense kan klaarblyklik nie oorleef in 'n omgewing soos hulle dit gekry het nie. Hulle moet eenvoudig daaraan verander. Hulle verander hul omgewing deur kultuur, kuns en ook nadenke. In hierdie nadenke speel religie 'n rol.
Binne die NHN probeer ons hernuwend en herskeppend met veral die Christelike godsdiens omgaan omdat baie van ons binne die tradisie grootgeword het, maar die ortodokse verwoording daarvan maak nie meer vir ons sin nie.
Ons leef met ánder kennis van hoe die kosmos ontstaan het; wat die plek van die aarde binne die totale kosmos is en waar die mens binne die geheel inpas. Hemel en hel is nie meer vir ons aanwysbare en bewoonbare plekke in die kosmos nie en god is allermins 'n manlike persoon soos hierdie tradisie hom nou al vir eeue teken.
|
Die Bybel en die Christelike meesterverhaal
- Die minderwaardige vrou
Deur : Japie Coetzee
Die wortels van die 'minderwaardige' status van die vrou lê baie duisende jare terug in die verlede. Is die kiem daarvan nie alreeds in Genesis 2–3 sigbaar nie? Adam word spesiaal deur God as mens geskep, terwyl Eva byna as 'n afvalproduk uit Adam se ribbebeen gemaak word. In Eksodus 20 tree hierdie siening van minderwaardigheid weer na vore as die vrou by die man se dienskneg, os en esel as 'n besitting ingedeel word. Wat meer is: sondigheid is mos oorspronklik deur die 'minderwaardige' geslag veroorsaak toe die vrou onder die slang se verleiding geswig het, daarom is haar 'straf' om kinders met pyn en smart in die wêreld te bring! [Lees Meer]
- Die maagdelike geboorte
Deur : Sakkie Spangenberg
Jesus se maagdelike ontvangenis speel 'n baie belangrike rol in die totale pakket van dogmas van die Westerse Christendom. Sonder die maagdelike ontvangenis, sou Jesus in die erfsonde gedeel het en sou hy dus nie die ware verlosser kon wees nie. [Lees Meer]
- Bybelvertaling en homoseksualiteit
Deur : Pieter Botha
Daar was onlangs 'n polemiek oor die woorde "mense wat homoseksualiteit beoefen" in 1 Korintiërs 6:9 in die Nuwe Afrikaanse Vertaling. Die ou vertaling het verwys na "sodomiete", en dit alleen laat mens al wonder wat gaan eintlik aan in dié teks. Die probleemwoord is arsenokoites. [Lees Meer]
- Die Nuwe Hervorming
Deur : Hansie Wolmarans
Die debat oor die Nuwe Hervorming soos dit in die pers, in kerke en rondom braaivleisvure gevoer word, raak nog net aan die oppervlak. Vir baie mense is die kern van die debat Jesus se geboorte uit 'n maagd en sy opstanding uit die dood. Ten diepste gaan dit vir ander of God nou iewers buite hierdie werklikheid wat ons ken, woon of nie. Wesenlik gaan die Nuwe Hervorming egter daaroor om God op eietydse maniere te herontdek; om teologies ongeskoolde gelowiges te betrek by 'n herverbeelding van God; dit gaan oor afskeid van primitiewe dogmas; oor die beëindiging van die tirannie van die "swakke broer" ter wille van wie nuwe insigte in die Bybel van lidmate weggehou is. Dit is 'n avontuur waarin ons enigste sekerheid soms ons onsekerheid is. [Lees Meer]
- Dr Isak Burger se Irrasionele Aanval op die Nuwe Hervorming
Deur : deur Hansie Wolmarans
Dr Isak Burger, president van die AGS, maak in die Algemene Kerkbode, (Beeld 8-10 Aug 2002), 'n ongekende aanval op die Nuwe Hervorming. Hierdie artikel behoort verpligte leesstof te wees in enige kursus oor logika of retoriek. Waarskynlik bevat dit die meeste drogredenasies per vierkante sentimeter wat ooit oor hierdie onderwerp geskryf is. Ons kry voorbeelde van die [Lees Meer]
- Die Drie-Eenheid in 'n ander baadjie
Deur : Sakkie Spangenberg
Verskeie teoloë het in die leerstuk van die Drie-eenheid 'n handige stok gevind om na die gespreksgenote oor 'n nuwe hervorming te slaan. Hierdie teoloë argumenteer dat [Lees Meer]
- Bybelvertaling en homoseksualiteit
Deur : Pieter Botha
Daar was onlangs 'n polemiek oor die woorde "mense wat homoseksualiteit beoefen" in 1 Korintiërs 6:9 in die Nuwe Afrikaanse Vertaling. Die ou vertaling het verwys na "sodomiete", en dit alleen laat mens al wonder wat gaan eintlik aan in dié teks. Die probleemwoord is [Lees Meer]
- Gebore uit die maagd Maria
Deur : Hansie Wolmarans
Die Nuwe Hervorming wil 'n teologie van verantwoordelikheid vestig om mense betrokke te kry in die kreatiewe dans van die lewe. Daar is iets bevrydends daarin dat 'n buite-egtelike seun van 2000 jaar gelede nog steeds [Lees Meer]
- Jesus se hellevaart en opstanding
Deur : Sakkie Spangenberg
As daar één leerstuk is wat uitwys dat die belydenisse kultuurgebonde is en dat ons dit kultuursensitief moet interpreteer, is dit sekerlik hierdie een. Hierdie tekste en die belydenis hang saam met daardie mense se wêreldbeeld. Hulle het 'n drieverdieping heelal geken en het Jesus se oorwinning so omvattend gesien dat dit die totale kosmos (soos hulle dit verstaan het) gedek het. Voorts het hierdie vertellings hulle gehelp om [Lees Meer]
- Die Hemelvaart en Wederkoms
Deur : Sakkie Spangenberg
Waarmee het ons hier te doen? Dis verhale wat weereens verband hou met daardie mense se leefwêreld en ons behoort dit so te respekteer. Hulle het 'n drieverdieping heelal geken en hulle vertel dan ook verhale dat Jesus na die boonste verdieping vertrek het. Wat wel interessant is, is dat geen vrou [Lees Meer]
Die historiese Jesus-navorsing
Die Christelike geloof en ander godsdienste
- Fundamentalisme
Deur :
[Lees Meer]
- Die NG kerk onderweg na die vergetelheid
Deur : Johann Rossouw
[Lees Meer]
- Waaroor dit gaan vir Hansie Wolmarans
Deur : Hansie Wolmarans
[Lees Meer]
- 'n Lidmaat tob oor die kerk en verandering
Deur : Cilliers Willers
[Lees Meer]
- Boeddhisme in 'n neutedop
Deur : Johan Booyse
[Lees Meer]
- Godsdiens en 'n demokratiese samelewing
Deur : Pieter Craffert
Een van die grootste misverstande in die huidige debat rondom die Nuwe Hervorming is dat dit slegs handel oor die ontkenning van en aanval op sekere van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof. Daarom word die sogenaamde Nuwe Hervorming verketter en verdag gemaak asof hulle teen die Christelike geloof gekant is. Maar die debat handel in wese oor die sosiale en politieke implikasies van verskillende soorte christelike godsdiens; met ander woorde, oor die soort samelewing en etos wat deur godsdiens geskep en in stand gehou word. Daar is duidelike verbande tussen spesifieke godsdienstige oortuigings en sekere samelewingsstrukture en denke en dit is waar die brandpunt van die debat lê. [Lees Meer]
- Fundamentalisme
Deur : Pieter Botha
[Lees Meer]
- Waarom Hervorming?
Deur : Pieter Botha
Verkorte teks van 'n voordrag voor die Sinode van Noord-Transvaal (2/9/03). deur Pieter Botha Agtergrond: SKLAS (Noord-Transvaal) het twee "nuwe hervormers" genooi om aan die sinode se bespreking van die "nuwe hervorming" deel te neem. Ringe is versoek om vrae in te stuur. By die sinode self het ons (ek en Pieter C.) elkeen ±20 minute elk gekry om die vrae te bespreek. Die geleentheid het goed verloop. Onderstaande is die teks van my bydrae. Ek het dit heelwat verkort maar dit is nog steeds laaaaank vir 'n webwerfblad, so gaan kry eers 'n koppie koffie (of ...). [Lees Meer]
Godsdiens en wetenskap
Verskillende godsbeelde
- Waaroor dit gaan vir Hansie Wolmarans
Deur : Hansie Wolmarans
[Lees Meer]
- God en Tsoenami's
Deur : Hansie Wolmarans
[Lees Meer]
- Waar sit jou God? Om buite die kassie oor God te dink
Deur : Sakkie Spangenberg
Meer as 'n dekade gelede het Annelie Ferreira die boek Die dag toe ons God gevang het: 'n Persoonlike soektog na sin (Kaapstad: Queillerie, 1996) gepubliseer. Die aanleiding tot die skrywe van hierdie boek was die belewenis van erge depressie na die geboorte van haar eerste kind en die herbelewenis van haar pa se dood. Hierdie boek staan in my dagboek aangeteken as die boek wat duidelik getoon het dat Afrikaanssprekendes anders oor God begin dink het na die bewindsoorname van 1994. In die tussentyd het daar 'n hele aantal boeke uit die penne van mans verskyn waarin hulle van veranderinge vertel, maar daar het nog nie weer 'n vrou na vore getree wat so duidelik oor hierdie verskuiwing skryf nie. Maar dit daar gelaat. [Lees Meer]
- Beelde van God/die goddelike
Deur : Hansie Wolmarans
[Lees Meer]
"Freedom is what you do with what's been done to you." - Albert Camus (1913-1960)