samelewing

 Mense wat met die NHN assosieer beskou hulleself dikwels as “andersdenkend” of “vrydenkend”, en beleef hulself dikwels as randfigure ten opsigte van die hoofstroom. Maar ons bevind ons steeds midde-in die kulturele, ekonomiese en politieke mileu van Suid-Afrika. Op die Samelewing bladsy van die webwerf poog ons om ‘n verskeidenheid van artikels uit verskeie bronne te bied wat perspektiewe bied oor verskillende invloede uit die verlede en hede wat op ons land inspeel, wat ons kan help om onsself te posisioneer om sinvol deel te neem aan die ontvouende toekoms van ons komplekse land en samelewing.

Neem asseblief deel aan die proses!

* Stuur ‘n artikel vir plasing op die Samelewing bladsy na Babs Basson by  basson.b@telkomsa.net.

* Lewer kommentaar op die artikels wat reeds hier verskyn.

* Begin ‘n gesprek op ons gespreksforum

Hoe dink ons oor ons geskiedenis?

Het ons steeds n bydrae om te lewer tot die politieke diskoers?

Wat is ons maatskaplike verantwoordelikheid?

Verstaan ek hoe my landgenote dink?

Hoe beïnvloed politieke ontwikkelinge my?

  • Moet Suid-Afrika lei?
    Deur : Prof Anthoni van Nieuwkerk
    Heelwat kommentators meen Suid-Afrika het ‘n roeping om Afrika te lei. Die roeping is eintlik ‘n verwagting onder buitelanders en bestuurders van internasionale organisasies dat ons relatief ontwikkelde status ‘n verantwoordelikheid op ons skouers plaas om ander, minder geseënde lande, uit armoede en onstabiliteit te help.   [Lees Meer]

  • 1


 "Integrity is telling myself the truth. And honesty is telling the truth to other people." - Spencer Johnson