Ons Doelstellings

 

Oop Religieuse Gesprek
  om deur oop gesprek mense te ondersteun om vrede te hê met hulleself, akkommoderend met ander mense saam te leef,
           en verantwoordelik met hulle omgewing om te gaan;
  om begrip vir religieuse diversiteit te bevorder;
  om gesprek met verskillende wetenskaplike dissiplines en kunsuitinge te inisieer;
  om aansluiting te soek en te vind met organisasies wêreldwyd wat dieselfde of soortgelyke doelstellings as ons het;
  om begeleidende onderrigmateriaal vir kinders en volwassenes te ontwikkel, asook opleiding te verskaf;
   om 'n webwerf te bedryf;
  om 'n databasis van sprekers, publikasies, hulpbronne, programme van takke en takinligting in stand te hou en dit op die
           webwerf te publiseer;
  om saam te werk aan meer eietydse woorde, begrippe en metafore in die sfeer van spiritualiteit.

 

Sosiaal
  om mekaar te ondersteun in ons soeke na lewensin;
  om in mekaar se vreugde en leed te deel;
  om sosiale, politieke en ekonomiese geregtigheid te bevorder;
  om retreats/wegbreektye en werkswinkels te organiseer;
  om sosiale aktiwiteite te reël;
  om 'n konstruktiewe bydrae tot die opheffing van gemeenskappe te maak.
 
  
Begeleiding
   om dienste te verleen of te koördineer aan persone wat begeleiding benodig in belangrike lewensgebeurtenisse soos
            die geboorte van kinders, huwelike, begrafnisse en verassings.

 


 Faith means not wanting to know what is true. — Friedrich Nietzsche