Ons Waardes

  1. Ons aanvaar dat wanneer ons oor die goddelike praat, ons na die onbegryplike misterie van die lewe verwys wat ons onder andere in Jesus van Nasaret leer ken. 
  2. Ons koester die beste van ons erfgoed in onder andere die Bybel, asook ons Christelike en ander spirituele tradisies. Dieselfde geld vir ons nalatenskap op die gebied van musiek, kuns, letterkunde en die wetenskap.
  3. Ons maak nie aanspraak op ewige waarhede nie en neem die huidige wêreldbeeld ernstig op.
  4. Ons waardeer die uniekheid, eiewaarde, gelykheid en potensiaal van elke individu.
  5. Ons erken die inherente vermoë van individue om in interaksie met mekaar te groei en groter hoogtes te bereik.
  6. Ons aanvaar verantwoordelikheid vir onsself, ons medemens en ons natuurlike omgewing.
  7. Ons streef daarna om met morele integriteit op te tree.
  8. Ons streef daarna om medemenslik en verdraagsaam teenoor alle mense op te tree, ongeag geslag, seksuele oriëntasie, geloofsoriëntasie, fisieke vermoë en groepsverband.
  9. Ons bevorder kreatiewe en innoverende denke.
  10. Ons beskou diversiteit en godsdienstige pluralisme as positiewe verskynsels.
  11. Ons verbind ons tot 'n etos van samewerking.


"The individual has always had to struggle to keep from being overwhelmed by the tribe. If you try it, you will be lonely often, and sometimes frightened. But no price is too high to pay for the privilege of owning yourself." -- Friedrich Nietzsche