NHN Midrand: Informele gesprek 2020-03-01
Besoedeling en klimaatsverandering: Risiko’s vir die mens se oorlewing – die verantwoordelikheid van gesinne en regerings

Dr Deon van Zyl: Groeporganisering en fasilitering van terugvoer
Dr Johan Brink: Inleiding en probleemstelling (geïllustreer met verwysings, grafieke en diagramme) 

  1. Die totale mensdom moet getalle verminder

Die totale aantal mense op aarde is die groot probleem. Die wêreldbevolking oorskrei alle vooropgestelde perke. Te midde van die voorspoed van ontwikkelde lande staan die wêreldbevolking tans op 7+ miljard, waarvan meer as een miljard mense onder die broodlyn lewe.

Die dilemma van oorbevolking is: Ons kan nie getalle doelbewus beheer nie – dit is wat dit is. En om geboortebeperking te probeer afdwing, het op vele maniere in onetiese en oneffektiewe uitkomste geëindig (soos bv in China).

Bevolkingsgroei het ‘n algehele hoogtepunt in die tyd van die ‘Baby Boomers’ bereik (sien grafiek) en is tans besig om af te neem tot by ‘n verwagte stabiliseringpunt in 2100. Die groei is dus nie waarop ons fokus moet rus nie, maar wel op die totale aantal mense op ons planeet.

Die konsentrasie en verspreiding van armoede in Afrika waar dit die grootste gebiede betrek, is kommerwekkend. Die enigste doeltreffende geboortebeperker is ‘n hoër lewensstandaard wat dus ekonomiese groei vereis.  Buitendien, sê dr Brink: “Minder mense met ‘n hoër lewenspeil help niks nie.” Die drakrag van die planeet word deur die aantal mense plus hulle lewensstandaard bepaal.

  1. Ekonomiese groei is nie ‘n ‘vloekwoord’ nie – dit is ‘n noodsaak

Met die wete dat ekonomiese groei onontbeerlik is, rus die onus van ontwikkeling se nadelige koolstofspoor dus op die mens se verantwoordelike bestuur van die omgewing en basiese hulpbronne.

Omgewingsbestuur verg ‘n totale benadering, ‘n kultuurverandering wat vanaf die hoogste vlakke moet geskied. Ontkenning (veral deur leiers) in ontwikkelende lande is die grootste struikelblok: die sindroom van “ons/hulle” ry alle vordering in die wiele. By huishoudings weer aan die ander kant, is die gedagte dat “alle bietjies help” ewe onproduktief. Alle bietjies saam beteken ongelukkig onbeduidend min as dit nie vergesel word deur ‘n totale benadering nie.  Beide ons en die regering sal groter moet dink.

Moet ons ons aan doempropete steur? Natuurlik is daar doemprofete – maar om waarskuwings te ignoreer omdat ons nie die moeite doen om ware feite agter die stories raak te sien nie, is ewe onverantwoordelik.

  1. Almal moet eet

Mense het veel te sê oor wat ons behoort te eet of drink. Soos met modes, is daar telkens ook ‘n nuwe dieet-gier.  Of dit nou oor gesondheid of die omgewing gaan, die giere klits vele emosies op. Ook wat kos betref, is dit nodig om tussen “crack-pot” samesweringsgiere en goeie wetenskap te onderskei – met natuurlik ‘n goeie knypie realisme daarby.

Feite: Die mens is ‘n omnivoor. Wat vleisproduksie betref, is groot areas onder weiding net geskik vir diere en nie vir plantaardige produkte nie. Vleisproduksie gebruik 30% van die wêreld se graan. Die totale area beslaan deur vleisproduksie is tans sowat tweekeer die area in gebruik vir akkerbou. Beeste produseer 27% van die metaan in ons atmosfeer. Metaan is ‘n kweekhuisgas wat 80 keer nadeliger is as CO2.

Vegans se dieëte en produkte gemerk ‘organies’ is meer nadelig vir die omgewing as konvensionele produkte. Dit het ‘n groter koolstofsvoetpoor as ‘n vleisbevattende dieet. Dit gebruik ook meer water. Daar bestaan dus nie so-iets soos ‘n omgewingsvriendelike dieet nie.

  1. Almal moet klere dra

Die produksie van plantvesels vir tekstiel het dieselfde nadelige newe-effelte as kosproduksie, soos habitatvernietiging, pesweermiddels, kunsmis en waterverbruik. Kunsvesels en plastiek kom van petroleum en impliseer dus ook die koolstofvoetspoor.

Watter keuses bly oor?

Gedagtig aan ons nageslag en hul omgewing, is die keuses deurgaans: Word wyser, koop minder, gebruik langer, versprei verder en hersirkuleer met verantwoordelikheid.

–oOo–

Vraagstelling: Bevolkingsaanwas, besoedeling en klimaatsverandering hou beplaalde risiko’s en gevare vir die mens se oorlewing in:

  1. Watter praktiese voorstelle kan julle binne Gesinsverband maak (wat voorkoming, hantering en moontlik ook aansienlike opofferings mag insluit) om die risiko’s te verminder en vir julle nageslagte die bes moontlike lewenskwaliteit te verseker?
  1. Watter praktiese voorstelle kan julle namens die Regering maak (wat voorkoming, hantering en moontlik ook aansienlike opofferings mag insluit) om die risiko’s te verminder en vir julle nageslagte die bes moontlike lewenskwaliteit te verseker?

 Hierop volg die besprekingsresultaat uit vier groepe. Die fokusse (wat gesinne en verbandhoudende instellings kan doen, asook wat regerings kan doen) het gewissel en die hele gehoor het geleentheid gekry om insette te lewer. Onderstaande is ‘n samevatting van idees en moontlike aksies

Algemeen: Bewussynsverhoging en kultuurvestiging deur opleiding, motivering en instaatstelling om aksies op korter/langer duur en op groot skaal moontlik te maak.

In gesinne:

  • Kommunikasie en bewusmaking begin in die huis, so ook kultuuraanpassing en –vestiging: deur konstant ‘n voorbeeld te stel, in die gesin, saam met vriende, in skole, by die werk en in die kerk.
  • Organiseer of sluit aan by groeiende inisiatiewe.
  • Begripsontwikkeling vir produkte; vra vrae, waaruit dit bestaan en waar dit vandaan kom. Koop Suid-Afrikaans.
  • Stel vas omtrent die koste van produksie, hulpbronne, energie, vervoer, ens. in die vervaardiging en verspreiding daarvan. Kry ‘n begrip van die koolstofvoetspoor en neem dit in ag as jy keuses moet maak. Byvoorbeeld: Die koolstofvoetspoor van ‘n ‘n tweepersoon-gesin se jaarlikse energieverbruik (brandstof, elektrisiteit, gas) – plus een retoervlug oorsee in die jaar is bereken met ware syfers en het getoon dat die enkele retoervlug van die twee mense 60% van die jaarlikse koste beloop.)

In skole en onderriginstellings:

  • Skole se volhoubare opheffingstaak is bewusmaking en opvoeding, asook praktiese geleenthede om respek vir die omgewing te vestig.
  • Dit is baie belangrik om ‘n kultuur van hersirkulering te vestig: deur geskikte leerplanne by skole, onderwysersopleiding en sakebestuur; opleiding van regeringsamptenare.
  • Ekonomie + Tegnologie + Opleiding is nodig om bewussyn en kennis te verhoog tov besoedeling, hersirkulering, watergebruik en waterbesoedeling.

Gemeenskapsaksies en –aktivisme:

  • Kommunikasie en bewussynsontwikkeling moet gedurig plaasvind, veral tussen leiers, kerke en regering, om ‘n volhoubare, gesonde omgewing te verseker.
  • Kultuuraanpassing en -vestiging vereis toewyding: Begin by eie voorbeeld, tussen vriende en in die samelewing, by die werk en by die kerk – organiseer of sluit aan by groeiende inisiatiewe.
  • Deel inligting met bewese data om bewussyn te verhoog.

Regering en beleidsmaking:

  • Regering en amptenare moet oortuig raak van die noodsaak van ‘n totale benadering en help skep aan ‘n kultuur van respek vir die omgewing, besparing en hersirkulering .
  • Bemagtig alle departemente (nie slegs ‘n nuwe departement vir die doel nie) om besparing en voorkoming van besoedeling as deel van hulle taak sien en te promoveer.
  • Stel opleidingsinstansies vir regeringsamptenare (soos vir onderwysersopleiding en sakebestuur) in plek waar hulle onder andere aan omgewingsensitisering blootgestel sal word. Geskikte leerplanne moet deur omgewingskundiges saamgestel word om die nodige kennis oor te dra ten opsigte van: kommunikasie-ontwikkeling oor omgewingsbewaring, hersirkulering, gesondheidsimplikasies, koste-implikasies vir volhoubaarheid en kostebestuur.
  • Alle departemente van die regering moet aanspreeklikheid vir eie besparing, hersirkulering en opruimaksies aanvaar.
  • Die volhoubaarheid van die proses (nodige tegnologie en strategieë) verg deeglike meting en kostebestuur.
  • Amptenare moes die belangrikheid insien van ekonomiese groei om werkskepping en menswaardigheid moontlik te maak.
  • Die promovering van gesinsbeplanning in die gemeenskap sluit in ‘n verbeterde gesondheidstelsel en infrastruktuur om mense toe te lig en die nodige hulp en leiding te bied.
  • Skep ‘n ekonomie wat deursigtig is – deursigtigheid soos ten opsigte van die aanwending van belastings en toekennings/’grants’.

Beskikbare inligting en internetskakels

Slimleef Handboek van Stad Kaapstad, 2008, 138 bl (afval, water, energie, biodiversiteit)

http://www.greenagri.org.za/assets/documents-/Tips-Tools/Useful-Tips/General/Energy/Smart-Living-Handbook-Full-version-Afrikaans-2009-06.pdf

Smart Living Activity Sheets, 12 bl (kwantifiseer gebruik, ontleed alternatiewe, ontwikkel aksielys vir water, afval, energie, CO2 vrystelling, veiligheid, biodiversiteit.

Tipiese kg CO2/maand in Kaapstad: Lae inkomste met geen elektrisiteit – 146; lae inkomste met elektrisiteit – 193; middelinkomste met elektrisiteit – 737.

The following is a list of 10 steps YOU can take to reduce greenhouse gas emissions:

  1. Reduce, Reuse, Recycle. …
  2. Use Less Heat and Air Conditioning. …
  3. Replace Your Light Bulbs. …
  4. Drive Less and Drive Smart. …
  5. Buy Energy-Efficient Products. …
  6. Use Less Hot Water. …
  7. Use the “Off” Switch. …
  8. Plant a Tree.
  9. Get a Report Card from Your Utility Company
  10. Encourage Others to Conserve

http://www.globalstewards.org/reduce-carbon-footprint.htm

Vir SA, 4500 kWh elektrisiteit (2.16 tCo2)/jaar

10000 km vir Honda Jazz 1.2, 1.64 tCO2

2 sitplekke van Jhb na Melbourne, economies, 6.72 tCO2

https://www.carbonfootprint.com/calculator.aspx

Carbon Footprinting Guide, PDF- Carbon Trust

https://www.carbontrust.com/resources/carbon-footprinting-guide

3 Rs- Reduce, Re-use, Recycle,

Nedbank Guides- sien https://www.nedbank.co.za/content/nedbank/desktop/gt/en/aboutus/green-and-caring/Publications/carbon-footprint-guide.html

  • Energy Efficiency Guide
  • Smart Living Guide
  • Carbon Footprinting Guide
  • Biodiversity Guide
  • SANS Guidelines
  • Food Savers Guide