“What has never been questioned has never been proven” – Denis Diderot

Die Individu

As die verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort, kan dit ‘n mens op persoonlike en interpersoonlike vlakke in ‘n krisis dompel. Ou verklarings vir dinge wat gebeur (of nie gebeur nie), is skielik nie meer geldig nie. Ou sekerhede word vervang deur vrae waarop daar nie beslissende antwoorde is nie. Daar kan ‘n groot gevoel van verligting en bevryding kom as jy byvoorbeeld jou vrees vir straf-vir-sonde verloor… maar terselfdertyd kan jy wroeg en wonder of jy nie dalk die grootste fout van jou lewe maak nie.

Om skielik intens alleen te voel, is ook ‘n algemene verskynsel. Die mense om jou met wie jy grootgeword het, het nie noodwendig dieselfde kopskuiwe as jy gemaak nie. As jy waag om te sê wat jy regtig dink, staar jy die gevaar van verwerping in die gesig. As jy stilbly, voel dit of jy huigel.

By die NHN sê niemand vir jou “Dit is hoe jy moet dink/voel/maak” nie. Wat ons wel doen, is om vir mekaar legkaartstukkies aan te gee. As individue kan ons daardie dinge deel wat sin, betekenis en vreugde in die lewe gee; hoe ons deur moeilike situasies en verhoudings gewerk het of wat ons inspireer en krag gee. Dit bly egter elkeen se taak om sy/haar eie legkaart te bou met watter stukkies ook al werk.

Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle tyd of gebeurtenis in jou lewe vir plasing by “Ons Mense se Stories”.

Artikels

‘n Samelewing Sonder Godsdiens? – Dr Hanneli Bendeman

‘N SAMELEWING SONDER GODSDIENS? Deur: Dr Hanneli Bendeman Datum : So 15 Sep 13 In Hanneli se persoonlike reis van christen na spiritualiteit, deur ateisme en agnostiek tot waar sy nou is …. het die dissipline van sosiologie en die etiek … baie gehelp met vrae, analise...

lees meer

Geestelike Groei – Groei In Wat? – Hein Reitmann

Is geestelike groei noodwendig gewens? Wanneer groei ‘n mens te vêr? Wat is geestelike groei vir ‘n: • miskruier • fundamentalis • agapeïs • charismatikus • objektiwis Elkeen van hierdie benaderings het ‘n natuurlike plek met ‘n natuurlike potensiaal en natuurlike...

lees meer

Fundamentalisme – Sakkie Spangenberg

Deur: Pieter Botha   Fundamentalisme is 'n lelike ding. Deesdae betwis niemand in Suid-Afrika dat dit 'n slegte ding is nie; selfs die wat onmiskenbaar daarmee verbind word, wil nie fundamentaliste genoem word nie. Dit is bietjie soos die verskynsel "rassisme":...

lees meer

Jesus se Hellevaart en Opstanding – Sakkie Spangenberg

Deur: Sakkie Spangenberg Die leerstuk van Jesus se hellevaart het vir baie Christene 'n vraagstuk geword. Daar is selfs Nuwe-Testamentici wat meen dat die leerstuk uit die Apostolicumverwyder moet word. Die plek waar dit in die Apostolicum voorkom, bevestig dat...

lees meer

Dominee, Los My Lyf Uit! – Johannes N. Vorster

Johannes N. Vorster Daar is ‘n byna vanselfsprekende legitimiteit wat aan sogenaamde geestelike leiers van ons gemeenskap toegeken word, om uitsprake te kan maak oor wat mense met hulle liggame aanvang in kontemporêre sosiale interaksie, of dit nou te make het met...

lees meer

Die Vloek van Prometheus – Dr Francois Durand

Deur: Dr Francois Durand Datum : So 10 Feb 13 Volgens die Klassieke Grieke het die Titaan Prometheus vuur van die Olimpiërs gesteel en dit aan die mensdom gegee. Met hierdie daad het hy hulle van ondergang gered en was hy die grondlegger van die beskawing. Hy was deur...

lees meer

’N Kort Geskiedenis van die Duiwel – Sakkie Spangenberg

“If you ask a theologian the question (...): who is Satan? he will doubtless answer: Satan is the Commander-in-chief of the fallen angels.” (Corte 1958:7) “By devil I mean a being created as a spirit, gifted with intelligence, will and awareness, which at a certain...

lees meer

Humanisme En ’N Humanistiese Lewensuitkyk – Pieter Botha

Deur: PIETER BOTHA Datum : So 14 Okt 12 Humanisme en ’n humanistiese lewensuitkyk Prof Pieter Botha Wie is die humaniste? Wat is nou eintlik humanisties? ’n Filosofie? ’n Akademiese dissipline? ’n Wêreldse wetenskap? Of dalk net nog ’n godsdiens? Humanisme het te doen...

lees meer

Variasies Onder die Vroeë Christene en AJV- Pieter Botha

Pieter Botha bespreek die komplekse verskeidenheid wat die vroeë Christenlewe gekenmerk het. Hy wys op die rol wat interpretasie, selfkritiek en etiek speel in die proses om die “waarheid” te bepaal en dui ook op die problematiek van eenheid as uitdrukking van mag....

lees meer