“What has never been questioned has never been proven” – Denis Diderot

Die Individu

As die verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort, kan dit ‘n mens op persoonlike en interpersoonlike vlakke in ‘n krisis dompel. Ou verklarings vir dinge wat gebeur (of nie gebeur nie), is skielik nie meer geldig nie. Ou sekerhede word vervang deur vrae waarop daar nie beslissende antwoorde is nie. Daar kan ‘n groot gevoel van verligting en bevryding kom as jy byvoorbeeld jou vrees vir straf-vir-sonde verloor… maar terselfdertyd kan jy wroeg en wonder of jy nie dalk die grootste fout van jou lewe maak nie.

Om skielik intens alleen te voel, is ook ‘n algemene verskynsel. Die mense om jou met wie jy grootgeword het, het nie noodwendig dieselfde kopskuiwe as jy gemaak nie. As jy waag om te sê wat jy regtig dink, staar jy die gevaar van verwerping in die gesig. As jy stilbly, voel dit of jy huigel.

By die NHN sê niemand vir jou “Dit is hoe jy moet dink/voel/maak” nie. Wat ons wel doen, is om vir mekaar legkaartstukkies aan te gee. As individue kan ons daardie dinge deel wat sin, betekenis en vreugde in die lewe gee; hoe ons deur moeilike situasies en verhoudings gewerk het of wat ons inspireer en krag gee. Dit bly egter elkeen se taak om sy/haar eie legkaart te bou met watter stukkies ook al werk.

Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle tyd of gebeurtenis in jou lewe vir plasing by “Ons Mense se Stories”.

Artikels

Die Evolusionere Oorsprong van Geloof – Hennie Strydom

Die idee van menslike evolusie soos weerkaats in die evolusie van menslike bewussyn, is ‘n opwindende tesis. Die ontstaan van godsdienste en kulturele prestasies in die voorgeskiedenis era, bied die onontbeerlike geleentheid om lig te werp op mistieke gebeure. Hoe was...

lees meer

Die Soeke na Geluk is ‘n Lokval! – Antoinette Ehmke

Deur: ANTOINETTE EHMKE Datum : So 05 Feb 12 Ons wil almal graag “net gelukkig wees”. As deel van ons pogings om hierdie staat te bereik, probeer ons dikwels om negatiewe gedagtes en emosies te vermy of daarvan ontslae te raak, en daarop te fokus om eerder positiewe...

lees meer

Die Relativering van Menswees – Piet Croucamp

Deur: PIET CROUCAMP Datum : So 15 Apr 12 Piet Croucamp praat oor die relativering van menswees: • Die kondisies wat die waarde van menswees relativeer • Die kodering van die gedagtegang van 'n kind • Wanneer God sondig teen die mens? Piet Croucamp is verbonde aan die...

lees meer

Buddha, God and the big Questions – Michel Clasquin-Johnson

Deur: MICHEL CLASQUIN-JOHNSON Datum : So 04 Mrt 12 Does Buddhism teach that god exists? This is probably the first question posed by newcomers to Buddhism, especially in the western world. For centuries the existence (or non-existence) of god has been a central issue...

lees meer

How Doctors Die – Prof Ken Murray

Deur: Prof Ken Murray How Doctors Die It’s Not Like the Rest of Us, But It Should Be by Ken Murray Years ago, Charlie, a highly respected orthopedist and a mentor of mine, found a lump in his stomach. He had a surgeon explore the area, and the diagnosis was pancreatic...

lees meer

Die red van Reënwoude – My Diens aan God – Chris Marais

Deur: CHRIS MARAIS Datum : So 23 Okt 11 Chris Marais, ‘n voormalige predikant, praat oor sy nuwe bediening en godsdiens. Hy reken dat die verlossingsleer van die kerk daartoe gelei het dat die MENS in baie opsigte die sentrale tema van geloof geword het en dat daar...

lees meer

Is Drome Betekenisvolle Boodskappe van die Nag? – Deon Van Zyl

Deur: DEON VAN ZYL Datum : So 09 Okt 11 Wat is ‘n droom? Waarom droom ons elke nag vir 60 tot 90 minute? In die Bybel is heelwat verwysings na drome en droom-interpretasie. • Wat sê kontemporêre neuro-wetenskap en navorsing oor die aard van drome en die droomproses? •...

lees meer

Hemel, Hel en Hiernamaals – Sakkie Geldenhuys

Deur: Sakkie Geldenhuys Opgedateer op : So 07 Aug 11 Volgens die deskundiges bestaan die heelal etlike miljoene jare; bestaan dit uit 'n ontelbare aantal hemelliggame waarvan slegs 'n geringe getal aan die mens bekend is; word daar na bewering voortdurend nuwe...

lees meer

God en Tsoenami’s – Hansie Wolmarans

Deur: Hansie Wolmarans "Ek weet presies hoekom God die Tsoenami's gestuur het" het die vrou gesê. "Dis omdat Thailand kinders as sekswerkers gebruik." "Ek hoop nie God vind uit wat in Suid-Afrika aangaan nie. Ons het die wêreldrekord vir kindermolestering", het haar...

lees meer

Bybelvertaling en Homoseksualiteit – Nelda  Els

Daar was onlangs 'n polemiek oor die woorde "mense wat homoseksualiteit beoefen" in 1 Korintiërs 6:9 in die Nuwe Afrikaanse Vertaling. Die ou vertaling het verwys na "sodomiete", en dit alleen laat mens al wonder wat gaan eintlik aan in dié teks. Die probleemwoord is...

lees meer