“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller
Ons plek in die Kosmos
Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.
Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.
Op hierdie bladsy plaas ons artikels wat getuig van nadenke oor die grootsheid van die heelal; die lang geskiedenis van die Aarde; die ontstaan en voortgang van lewe op Aarde, en hoe ons as mense met alle lewendes op hierdie planeet behoort om te gaan.
Neem gerus deel aan die proses!
Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
Artikels
Dr Gerrit Genis: ‘Die wonderwêreld van ruimteteleskope – Hubble se nalatenskap’.
Vorige Midrandbyeenkoms: Sondag 27 Mei 2018 Die Hubble-ruimteteleskoop se grootste bydrae moet in verband gebring word met ons verstaan van die heelal. Dit is eintlik ‘n tydmasjien… Wanneer dit 'n ster of hemelligame waarneem wat miljarde ligjare verwyder is, sien ons...
Hennie Maas: My kennismaking met die wêreld van sterre en planete en die impak daarvan op my lewensuitkyk
MR Byeenkoms 23 Julie 2017 Hennie Maas se liefde vir die misterie van die natuur, klank- en beeldopnames, mooi musiek en die onbekende het sterk deurgekom in sy entoesiastiese aanbieding van 'n soort “Sterre en Planete” in die kleine, verlede Sondagoggend in Midrand....
Video-grepe:Johann Basson, ter inleiding tot die NHN se Algemene Jaarvergadering
Midrandbyeenkoms: 29 Jan 2017: Opsomming van videos Die kriteria vir die seleksie van hierdie videos was: 1) ‘n Uitmuntende aanbieding; 2) 'n Insiggewende boodskap; 3) Genderbalans ‒ gesamentlik 30 minute. Carl Sagan, die bekende astrofisikus met die fluweelstem het...
Wat is Cites, en hoekom moet ons omgee?
Die skakel hieronder gee 'n waardevolle verduidelikking, deur Ross Harvey, oor Cites, wat dit is en hoekom ons moet omgee. Seker almal sal dit insiggewend vind. theconversation.com/explainer-what-is-cites-and-why-should-we-care
Wie was Spinoza, en wat was sy filosofie? Dr. Piet Odendaal
Sommige van julle het seker al van Alice A. Baily se boeke gelees. Sy het meer as 20 boeke geskryf – almal met esoteriese temas. Die boeke het almal sulke kenmerkende blou omslae – en vir dié met esoteriese belangstelling is hierdie boeke ‘n moet lees. In een van haar...