“The thing is to find a truth which is true for me, to find the idea for which I can live and die” – Søren Kierkegaard

Midrandbyeenkomste

 

Midrandbyeenkomste vind elke tweede Sondag vanaf 9.30 tot ±11.00 plaas. Deskundiges gee lesings oor interessante en relevante onderwerpe en agterna het die gehoor geleentheid om aan die bespreking deel te neem.

Die byeenkomste dien as ‘n forum ter bevordering van oop gesprek vir soekers na eietydse sin. Enigeen wat behoefte het aan oop, informele, alternatiewe gesprek, sonder vooropgestelde aannames, is welkom. Tee, koffie en gesellige samesyn vanaf 9.00.

NUUT: Opnames van meeste lesings is nou op DVD beskikbaar en kort uittreksels kan aanlyn gekyk word.

 

Seminare

 

Ons naweek- en dagseminare bied geleentheid vir indringende gesprekke oor ons verstaan van die goddelike, ons plek in die kosmos en ons plek en rol in die samelewing. ‘n Uitsonderlike geleentheid vir persoonlike groei en vir samesyn en konneksie met mede-andersdenkendes.

Begeleiding en Spesiale Seremonies

 

Tradisioneel vul die kerk ‘n baie belangrike rol wanneer mense krisisse en/of belangrike lewensoorgange beleef. Die NHN is nie ‘n kerk nie, maar met ons beskikbare interne kundigheid en vaardigheid help ons graag met die volgende:

Dekonstruksie

‘n Mens kan baie swaar kry wanneer die godsdienstige verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort. Ons kan luister en verstaan en jou verwys na hulpbronne wat jou kan help om jou eie nuwe pad te stap.

Persoonlike krisisse

Traumatiese ervarings, egskeiding, diagnosering van ‘n ernstige siekte… Indien jy behoefte het aan terapeutiese hulp wat nie die tradisionele godsdienstige benadering as enigste antwoord bied nie, maar eerder ‘n meer relevante, eietydse denkraamwerk volg, kan ons jou aanbeveel na professionele terapeute by wie jy goeie aanklank behoort te vind.

Sterwensbegeleiding

Ons sal graag ondersteuning bied as jy of een van jou geliefdes weet dat hulle nie meer lank gaan lewe nie. Ons is nie voorskriftelik oor hoe enige iemand oor lewe of dood “behoort” te dink nie.

 

Spesiale Seremonies en Vierings

 

Dis heeltemal moontlik om belangrike gebeurtenisse op ‘n eietydse manier betekenisvol te beplan en te vier.

  • Viering van ‘n nuwe lewe
  • Huwelikseremonies
  • Afskeid van iemand wie selewe verby is

Navraag

4 + 4 =