Goeiedag aan alle NHN lede

Die volgende byeenkoms van die NHN sal wees op Sondag 15 Mei by R@M Bowls Club, Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.  GPS: -25.921676022080582, 28.190885726272683.

Tyd: 09:30 vir 10:00

Ons begin weer met tee/koffie, om 10:00 kom ons spreker van die dag aan die woord, en daarna ons gebruiklike bring-en-eet saam vir almal wat belang stel.  Bring soos gewoonlik iets vir die gesamentlike tafel om te eet, asook jou eetgerei en drank.

­Spreker: Pieter Botha: 

Titel: Die opstanding en menslike skeppingsvernuf.

Die onlangse oplewing in “debatte” oor die opstanding in die media (bv. Beeld, 12 April: “Feit of Fiksie?” — maar baie onlangse voorbeelde) is nogal ontstellend.

Mens moet sug wanneer hierdie eeu-oue debat opvlam, want dit is so herhalend en nutteloos. Nóg ’n bydrae verg nogal moed, maar die belofte is dat ten minste enkele interessante aspekte ter sprake sal kom. 

Myns insiens is die tipiese opstandings-debat gewaarborg om vrugteloos te wees: die idees oor historisiteit is misplaasd, die filosofiese uitgangspunte is ondeurdag en die tekste word verkeerd gebruik (dit word beslis nie behoorlik gelees nie).

Hierdie aanbieding is ’n poging om te wys dat ’n sinvoller gesprek oor sogenaamde wonderwerke moontlik is. Ons kan sonder die dualistiese, aggressiewe en uitsluitende retoriek besin en ons kan konstruktief nadink oor die verweefdheid van menslike belewenisse. Die steuringsgeraas ís dikwels die sein

 

  • Vrywilligers word gevra om Sondae te help in die kombuis met die uitsit van die teekoppies vooraf en dan met die opruim agterna.  As jy bereid is om hand te gee Whatsapp asb vir Johan Talma by 083 5568711.
  • Nog ʼn herinnering om asseblief die ledegeld vir die jaar in te betaal.  Die ledegeld is R400 vir ʼn individu en R500 per gesin.  Die bankbesonderhede is:

Nedbank
Tak: 162145

Naam: NUWE HERVORMING NETWERK

Rekeningnommer: 1621 207 811

Merk die betaling met: jou van en LG22, bv. “Koekemoer, LG22”.

 

NHN-groete

Johan Brink