Die NHN is ‘n netwerk van kreatiewe denkers in oop gesprek. Ons bevraagteken, ondersoek en stimuleer gedagtes oor die realiteite en waardes van die 21ste eeu. Die fokus van lesings en gesprekke/inligting wat ons versprei, belig vraagstukke wat die wese van menswees en samelewings raak. Die onderwerpe betrek dus ook die kunste, ekologie en kosmos waaruit ons die lewe put. Deur die vorming van ondersteunende netwerke met ander groepe en individue wat die waardes van verantwoordelikheid, respek en diversiteit hoog ag, beoog ons ‘n rimpeleffek wat bevrydend kan meewerk aan ‘n briljanter toekoms.

Fokusareas

Byeenkomste

Byeenkomste word in ons nuusbrief en op Facebook aangekondig. Sien ook die kalender op die keuselys hierbo.

Komende Gebeure

Sondag 19 November gesels Willem Semmelink oor waarin ons wat afskeid van die tradisionele Christelike geloof geneem het, se “troos” geleë is.

Tyd: 10:00

Venue: Retire@Midstream Rolbal klubhuis

Roete: Die “pin” na die rolbalklub is:
https://maps.app.goo.gl/2PwRHXiheajN2Zfm7

Verloop: Koffie/tee en ‘n koekie om mee te begin

Soos altyd bring elkeen iets te ete en drinke, dan hou ons ook saam “brunch”

Skryf in vir ons gratis nuusbrief

Youtube

Die NHN het ’n eie kanaal op Youtube geregistreer, genaamd NHN aanbiedinge. Daar verskyn ’n aantal opnames van vorige Midrand aanbiedinge. Volg gerus die skakel hier om na ons Youtube kanaal oor te gaan.

Volg ons ook op Facebook, ons Sondag lesings word nou lewendig gestroom.

Onlangse Artikels en Lesings

NHN Seminaar 2023 – LEEF MET WETE EN TWYFEL EN OORTUIGING

Datum: 20 Mei 2023 Sprekers: Barend la Grange, Piet Croukamp en Marius Herholdt (Opsommende notas/indrukke van ‘n deelnemer in die gehoor)Mnr Barend la Grange: Vaderland, Moerland, Voorland – My reisIn die konteks van mens-wees en die diverse omgewings waarin ons...

Nuusbrief – 20 January 2021

Beste NHN Lid of Belangstellende Welkom by die NHN se nuusbrief, wat inligting oor ons aktiwiteite voorsien. Ons wens jou ’n gesonde en gelukkige jaar toe. Ons harte gaan uit na diegene van julle wat familie of vriende verloor het tydens die pandemie. Dit is tans nie...

Bruwer Swanepoel – My Religion Story

My Religion Story Bruwer Swanepoel - July 2020 I was born in September 1951 and somehow developed an affinity for religion when I was eleven/twelve years old. I lived with my grandmother in Ficksburg, Free State Province, between the ages of six and nine, then moved...

Ben Barnard: Dit kom van ver af (Facebook video stroom, 24 Mei 2020)

Opsomming van NHN lesing 24 Mei 2020: Dr Ben Barnard (Kliniese sielkundige) DIT KOM VAN VER AF: MITOLOGIESE VOETSPORE DEUR DIE BYBEL Die storieverteller Mitologie, verduidelik Ben Barnard, is tegelyk geskiedenis, geheue en verbeelding. Dit is verhale waarmee mense in...

Midrandbyeenkoms 13 Oktober 2019, Prof Pieter Botha

(Nota: hierdie berig is saamgestel uit Pieter Botha se PowerPoint-aanbieding en nota’s van Johan Talma, asook internetbronne – Red.) Om die bydrae van Augustinus tot die Westerse denkwêreld te verstaan, moet ‘n mens sy lewensverloop (354-372) – en selfs die...

Uitstappie – Sterkfontein Grotte – (met Prof Francois Durand )

Sterkfontein-uitstappie, Sondag 14 April 2019 In stede van die gewone NHN-byeenkoms op Sondag 14 April, het Johan Talma vir ons ‘n insiggewende uitstappie na die Sterkfontein-grotte, ‘n VN Wêreld-erfenisterrein, gereël. Dit het onder leiding van Prof Francois Durand...

NHN: Voorsittersverslag: 2018

VERSLAG VAN DIE NHN SE AKTIWITEITE IN 2018 OORSIG VAN DIE JAAR Weereens was die afgelope jaar in die breë gesien suksesvol vir die NHN met ‘n knap Uitvoerende Komitee (UK) wat ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deurgevoer het. Hiermee ‘n verslag wat ’n aanduiding gee...

NHN Seminaar 1 September 2018

Midrand CMA Konferensiesentrum “Kalmte in die malle gejaag oftewel, leef bewustelik in die hede” Die NHN poog waar moontlik verdere kwaliteit tot ons lewe toe te voeg, veral te midde van die daaglikse, dolle gejaag. Tydens hierdie een-dag seminaar gaan Johannes de...

24 Julie 2018 – Winter ete

Winterete Dis tyd vir ons winterete en samesyn op Sondag, 24 Junie by Midrand. Vanweë die koue, vind die ete binnenshuis, in die kantien plaas. En omdat dit winter is, eet ons graag ietsie warm. Dus sal dit waardeer word as jy iets warms kan saambring, byvoorbeeld...

Uit ‘n Ander Hoek: Sondagaandprogram op RSG

Vanaand (hierdie Sondag, 3 Junie) tydens die RSG-program 'Uit 'n Ander Hoek' onder leiding van Jean Oosthuizen word gepraat oor die onderwerp van vrye wil. RSG se webwerf beskryf dit as volg: "Het die mens 'n vrye wil? Wat sê die wetenskap hieroor. Die gaste is dr....

NHN-Welwillendheidsaksie (WWA)

Ons het reeds aansienlike geldelike bydraes vir die WWA ontvang, waarvoor groot waardering uitgespreek is. Dit onderskryf ons missie met hierdie aksie. Daar word nie slegs finansiële steun benodig nie, maar ons vra ook hulp van mense met kundigheid, soos mediese- of...

NHN: Voorsittersverslag 2017

VERSLAG VAN DIE NHN SE AKTIWITEITE IN 2017 OORSIG VAN DIE JAAR Die afgelope jaar was in die breë gesien suksesvol vir die NHN. Die Uitvoerende Komitee (UK) het weereens ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deurgevoer en hierdie is ‘n verslag van daardie aktiwiteite...

‘Wat skryf ons mense oor politiek en ekonomie?’

MR Byeenkoms: Sondag 18 Februarie 2018 Tydens 'n interessante Pecha Kucha-sessie bespreek Jaco Budricks, Con Meyer en Johann Basson verskeie publikasies wat onlangs verskyn het, onder die titel:  'Wat skryf ons mense oor politiek en ekonomie?' Eerste aan die beurt was...

Prof Hennie Lötter (UJ) : “Geregtigheid en armoede”

Midrandbyeenkoms: Sondag 12 November 2017 Om die kwessie na behore te bespreek, is dit belangrik om eers te bepaal wat Armoede en Geregtigheid is. Derhalwe tref Hennie onderskeid tussen twee soorte armoede, naamlik tussenliggende of intermediêre armoede en uiterste...

Prof Solly Rataemane: Impact of Intergenerational Trauma

MR Byeenkoms: 1 Oktober 2017 As an introduction to his lecture, Professor Rataemane from the Sefako Makgatho Health Sciences University, defines Intergenerational Trauma (IT) as unresolved or suppressed trauma caused to groups of people (i.e. in the history of...

Dr Nicol Stassen: Die Dorslandtrek, 1874-1881

MR Byeenkoms 17 September 2017 Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het destyds so ‘n dramatiese indruk op die kollektiewe bewussyn van Afrikaners gelaat as die Dorslandtrek. Lawrence Green, populêre reisverhaalskrywer het dit as “the most...

Dr Don Roos: Die mens as sosiale wese

MR Byeenkoms: 6 Augustus 2017 “Wat is die mens?” Om oor die die misterie van menswees na te dink, kan interessante definisies oplewer. Gewoonlik begin enige nadenke by die fisiologiese en hoe dit van ander soogdiere verskil. Pogings van navorsers om 'n volledige...

Openbaring: Die lees van die teks as narratief – Dr Daniël Louw

MR Byeenkoms: 9 Julie 2017 Die boek Openbaring het al baie vrae ontlok, enersyds oor die uiteenlopende menings oor die dikwels verwarrende beelde en gebeure en andersyds oor die opspraakwekkende insluiting van die vreemd-geweldadige boek as deel van die Bybelse kanon....

Is ons siel in ons DNS? – Dr Johan Smuts

Midrandbyeenkoms: Sondag 7 Mei 2017 Johan het verduidelik dat hy 'n mediese dokter is met 'n belangstelling in die regte, maar dat hy homself nie as 'n kenner van genetika beskou nie, hoewel hy baie oor die onderwerp navorsing gedoen het.   Getrou aan die...

ʼn HULDEBLYK AAN MARCUS BORG: Hansie Wolmarans

MR Byeenkoms: 16 April 2017 Inleiding Marcus Borg is op 21 Januarie 2015 oorlede in die ouderdom van 72 jaar. Hy het in die Lutherse kerk grootgeword. In sy jeug het hy ernstige twyfel oor die Christelike geloof ontwikkel ‒ soveel so dat hy in sy dertigerjare glad nie...

NHN UK vir 2017 en ander inligting

NHN‒UK vir 2017 Voorsitter:                         Johan Talma Ondervoorsitter:               Gerrit Genis Finansies:                        Johann Basson Sosiale Spil:                     Ina Louw Midrandbyeenkomste:     Sakkie Spangenberg en Deon van Zyl Midrand...

Die Tafelgebed: Willem Semmelink

Midrand lesing: 15 Januarie 2017 Vandag is ons baie bewus van wat ons eet. Ons is bedag op dinge soos ’n gebalanseerde dieet en ’n hele industrie het ontwikkel met dieet middels, aanvullers en instruksies oor wat goed is vir jou en wat nie. Inisiatiewe om organiese...

Kon Jesus van Nasaret lees en skryf? Prof. Pieter Botha

Midrandlesing  6 November 2016: Op die vraag of Jesus kon lees en skryf, is mense geneig om onmiddellik positief te antwoord ‒ natuurlik: die Nuwe Testament vertel van Jesus wat vir die skrifgeleerdes in die tempel uit die boekrolle voorgedra het en dat Hy op 'n ander...

NHN Renaissance Seminaar van 8 en 9 Oktober

Tydens ons suksesvolle seminaar op 8 en 9 Oktober 2016, kon ons die insigte van vier gesiene kenners kry oor die tema "’n Blik in die toekoms se Kristalbal." Ons sprekers was mnr Pieter Geldenhuys, ‘n professionele toekomskundige; dr André Bartlett, teoloog; dr Frans...

Kobie Temming Swart: Musiek as terapie, 11 September 2016

Die aanbieding het begin met ’n kort begeleide ontspanning en beelding. Kobie het klassieke musiek gespeel en die gehoor gevra om hulle oë te sluit en hulself toe te laat om op reis te gaan. Elkeen moes hom-/haarself na ’n mooi en rustige plek verplaas om die lewe...

Petrus Kuhne – ‘n Vreemde landskap

Midrandbyeenkoms: Sondag 10 Julie 2016: Die lewe is nie soos 'n Powerpoint-aanbieding nie; alles is nie netjies ingeryg en verduidelik nie, sê Petrus. Dis 'n reis deur 'n vreemde landskap, sonder 'n GPS. (Hy verwys na Willie Esterhuyse se boek Geagte Jahwe, 'n...

Wie was Spinoza, en wat was sy filosofie? Dr. Piet Odendaal

Sommige van julle het seker al van Alice A. Baily se boeke gelees. Sy het meer as 20 boeke geskryf – almal met esoteriese temas. Die boeke het almal sulke kenmerkende blou omslae – en vir dié met esoteriese belangstelling is hierdie boeke ‘n moet lees. In een van haar...

Natuur, Skepping en Moraliteit: Dr Francois Durand

Midrandbyeenkoms Sondag 15 Mei: Francois Durand illustreer sy siening van die mens se natuurbeskouing aan die hand van ‘n Brueghel-Rubens-skildery wat die Tuin van Eden voorstel as alles net mooi en goed. Volgens hom is dit 'n verkeerde beeld. Ons misreken ons as ons...

Die NHN se “Onse Vader” en “Bergpredikasie” kompetisie

In Maart vanjaar het die NHN sy lede gevra om hulle versie van die Bybel se “Onse Vader” en die “Saligsprekinge” op te skryf. Elkeen kon sy skepping vir die kompetisie instuur en daarmee ‘n boekprys wen.  Hierdie “Onse Vader” van André Ludick het die boekprys gewen....

DIE OSSEWA-BRANDWAG EN HAAR VROUE: Charl Blignaut

DIE OSSEWA-BRANDWAG EN HAAR VROUE (Opsomming deur Sam J Basch) Daar is groot wanpersepsies oor die Ossewa-Brandwag (OB).  'n Algemene siening was dat hulle militante, verregse Afrikaners was wat 'n staatsgreep in Suid-Afrika wou bewerkstellig en hul hoop op 'n Duitse...

Oor die Muur/Maan? Besluit self

Midrandpraatjie Sondag 31 Januarie 2016 - Dr Hannetjie v Zyl-Edeling Dr Hannetjie van Zyl-Edeling glo 'n mens se gesondheid en breinfunksies is hoofsaaklik 'n kopding. Hoe ons oor ons gesondheid dink en handel, kan 'n groot verskil maak op ons lewenskwaliteit, veral...

Argeologie en die wêreld van Jesus – Prof Pieter Botha

Midrandpraatjie Sondag 17 Januarie 2016 Pieter het in hierdie aanbieding die (verrassende?) stelling gemaak dat daar geen argeologiese getuienis van die tyd van Jesus is nie. Hy praat dus eerder oor die argeologie van die wêreld van Jesus. Hoe weet ons dan of Jesus...

Jona-Lesing – Prof Sakkie Spangenberg & Dr Deon v Zyl

In sy boek Ek is my brein (2014) maak die Nederlandse breinwetenskaplike, Dick Swaab, die volgende stelling:―Godsdienstigheid gaan helaas nie dikwels saam met die kuns om te kan relativeer of met ‘n sin vir humor nie. Click here todownload the PDF file.

Ek is my liggaam – Dr Jacques Kriel

Johan Degenaar se fenomenologiese antropologie en die vraag na die hel “Liggaamlikheid is die enigste wyse waarop die mens hom in die wêreld vind. Die liggaamlikheid van die mens is die voorwaarde waarvolgens hy in die wêreld is, dit wil sê die voorwaarde waarvolgens...

NHN Seminaar 2015: Vier die lewe met betekenisvolle ervarings

Wat ‘n spesiale naweek was 11 – 13 September vanjaar! Uitnemende aanbiedings, stimulerende geselskap, gesellige kuiers, goeie verblyf en heerlike kos. Onder Deon van Zyl se knap leiding het ons – soms baie kreatief - gedink oor vier belangrike aspekte wat die tema van...

Satan in die Ou Testament – Gerda de Villiers, Teo artikel

Inleiding Is daar ‘n S/satan in die Ou Testament? Inderdaad. Om die waarheid te sê, daar is ‘n hele paar satans. Maar of daar werklik ‘n Satan is, dit wil sê ‘n spesifieke wese met ‘n persoonlike identiteit wat Satan heet, is egter te betwis. Hierdie teo-artikel...

Book Evaluation: Lost Christianities – Bart Ehrman

This is fundamentally a popular treatment of the topic that doesn't tell us that much new about the subject. But it is not a bad introduction. Indeed, if you are not aware that the Christian New Testament was not agreed upon until more than three centuries after the...

Die Hemelvaart en Wederkoms – Sakkie Spangenberg

Deur: Sakkie Spangenberg   Net soos in die geval van die herverskyningsverhale in die evangelies, kry ons met uiteenlopende verhale oor Jesus se hemelvaart te doen. Die evangelie van Markus en die evangelie van Johannes bevat byvoorbeeld nie 'n verhaal oor Jesus...

Slawerny en die Christendom – Dr Chris de Wet

Dr Chris de Wet se insiggewende praatjie: “Slawerny en die Christendom”, by die NHN se Midrandbyeenkoms op 1 Maart 2015, bied baie stof tot dadenke. Enige denkende mens word daardeur geïnspireer om weer ‘n keer oor slawerny in al sy vorme te dink, veral in ons...

Die Stem uit die Storm, Job, sy Vriende en ons – Dr Deon van Zyl

INLEIDING Ons almal ken seker Job se storie en het dit al baie gehoor. Sakkie Spangenberg sê die hele boek kan opgesom word in Job 1 en 2, en die laaste 6 verse. Hier is ‘n kort oorsig: ‘n Vroom en opregte man voer ‘n ooglopend goeie lewe en het talle besittings. Hy...

Waarom Hervorming? – Pieter Botha

Verkorte teks van 'n voordrag voor die Sinode van Noord-Transvaal (2/9/03). deur Pieter Botha Agtergrond: SKLAS (Noord-Transvaal) het twee "nuwe hervormers" genooi om aan die sinode se bespreking van die "nuwe hervorming" deel te neem. Ringe is versoek om vrae in te...

NHN Seminaar 2014: Die NHN as Vernuwer in die Afrikaanse Samelewing

As deel van ons 10de bestaansjaar het die NHN op 30 Augustus 2014 sy jaarlikse seminaar by Zambesi Lodge in Montana, Pretoria gehou met die tema: “Die NHN as vernuwer in die Afrikaanse samelewing: perspektiewe op religie en wetenskap, samelewing en geskiedenis,...

Virtuele biblioteek

Besoek gerus ons versameling (skenkings en leenboeke) wat ’n groot spektrum van onderwerpe insluit, van die klassieke geskiedenis, die wetenskap, ’n hele rits gelowe, tot ateïsme. Om ’n titel of twee te leen, kliek hier.