“The intuitive mind is a sacred gift and the rational mind is a faithful servant. We have created a society that honours the servant and has forgotten the gift.”
‒ Albert Einstein
NHN Tuinroete
’n NHN-groep het in die Tuinroete tot stand gekom danksy Johan Brits, Ronel Hugo, Neels Borstlap, Ina en Boen Louw en nog ander. Hulle beplan om in 2025 maandeliks byeen te kom. Sakkie het op 26 Januarie 2025 aanlyn met die groep gesprek gevoer oor sy boek “Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid”. Daar was volgens Neels Borstlap 24 mense. Nie almal het dit in persoon bygewoon nie, maar ’n aantal het danksy die internet deelgeneem. Ons sal van nou af maandeliks ook oor hulle byeenkomste rapporteer.
Die Vestiging van die NHN Tuinroete groep