Goeiedag aan alle NHN lede
Die volgende byeenkoms van die NHN sal wees op Sondag 10 April by R@M Bowls Club, Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate. GPS: -25.921676022080582, 28.190885726272683.
Tyd: 09:30 vir 10:00
Ons begin weer met tee/koffie, en om 10:00 kom ons spreker van die dag aan die woord, en daarna ons gebruiklike bring-en-eet saam vir almal wat belang stel. Bring soos gewoonlik iets vir die gesamentlike tafel om te eet, asook jou eetgerei en drank.
Spreker: Deon van Zyl. Onderwerp: “Fantasie, Dagdrome en Gedagtereise.“
Hier is Deon se lusmakertjie:
Die afgelope 15 jaar was daar hernude belangstelling in ‘n netwerk in die brein wat ‘n volgehoue vlak van agtergrondaktiwiteit toon sodra mens ooglopend ontspan en nie gefokus is op eksterne take wat doelgerigte konsentrasie en kognitiewe inspanning vereis nie. Hierdie “Default Mode Network” (Verstekmodusnetwerk of Standaardmodusnetwerk) se fokus is meer introspektief en nadenkend, en wanneer daar na die funksies van die verskillende dele van die netwerk gekyk word, is dit interessant om te sien waaruit die inhoud van ons dagdrome en gedagtereise eintlik bestaan.
Studies toon ook dat daar heelwat voordele bestaan om in ons daaglikse lewe meer tyd aan fantasie, dagdrome en gedagtewandeling te bestee. Dit is en was ‘n integrale deel van baie bekende en veral produktiewe en kreatiewe indiwidue se daaglikse roetine.
NHN-groete
Johan Brink