31 Desember 2023

Welkom by ons laaste Nuusbrief van die jaar

Die kalender vir 2024 word aangeheg.  Dit is in PDF-formaat.

  • Ons eerste byeenkoms gaan plaasvind op Sondag 21 Januarie.
  • By dié geleentheid sal ons Jaarvergadering ook plaasvind.  Ons sal in die loop van Januarie verdere inligting en dokumentasie hieroor sirkuleer
  • Ons vra nominasies van persone wat gewillig is om op die UK van die NHN te dien.  Besonderhede hieroor sal later gestuur word.
  • Ons verjaardae vir Januarie is:

Dries Els:   13 Januarie

Marius Theron:   20 Januarie

Willem Semmelink:   22 Januarie.

  • Die NHN vier in 2024 sy 20ste verjaardag.  Dit gaan gevier word met ʼn seminaar op 26 Oktober in die GEMS saal by Irene.  Die program en die sprekers word later gefinaliseer.  Ander moontlike vieringe kan iets insluit soos ʼn verjaardag-ete.
  • Die laaste en nie die minste nie: die NHN’ers en hulle geliefdes word almal ʼn baie voorspoedige en gelukkige 2024 toegewens. 

NHN-groete

 Johan Brink