Die NHN-Kalender vir 2023 word hierby ingesluit. Dit is in Excel-formaat.
Let asseblief daarop dat ons volgende byeenkoms sal plaasvind op Sondag 22 Januarie. Die Algemene Jaarvergadering gaan dan gehou word gekombineerd met die gewone spreker vir die Sondag. Ons is nog nie seker of ons dit in Midstream kan hou nie – die plek sal nader aan die tyd met ʼn Nuusbrief gekommunikeer word.
Nog iets om nou al aan te teken op die dagboeke is die seminaar wat beplan word saam met die Renaissance Gemeente. Dit vind plaas op Saterdag 20 Mei. Al die ander besonderhede soos die onderwerp, die tyd en die plek sal mettertyd meegedeel word.
Al wat nou nog oorbly is om aan al die NHN-ers ʼn baie goeie, en voorspoedige, en aangename 2023 toe te wens – vir julle self en vir julle naasbestaandes.
NHN-groete
Johan Brink