Goeiedag aan alle NHN lede

Hier is meer besonderhede van eerskomende Sondag se byeenkoms:

Plek:  R@M Bowls Club, Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.

 

Die roete-aanduiding is by: https://maps.app.goo.gl/2PwRHXiheajN2Zfm7

GPS: -25.921676022080582, 28.190885726272683  of  25° 55’ 18” S, 28° 11’ 27” E

Padaanwysings:

  • Neem Ou Johannesburg afdraai van N1
  • Volg Brakfonteinweg vir ±2.4 km
  • Draai regs in Midstream Drive en ry vir 800 m
  • Draai links in Meadows Drive en ry weer vir 800 m
  • Draai links in Midway Boulevard en ry vir 200 m
  • Madeleinestraat is links by die sirkel en ry tot by die volgende sirkel [100 m]
  • Jy gaan die sirkel in by 6-uur, en verlaat dit by 12-uur.  Onmiddelik daarna sien jy die klubhuis regs voor
  • Edelweiss se nommer is 082 7415849 as jy nog steeds verdwaal het

 

Program van die oggend:

10:00     Tee

10:30     Jaarvergadering.  Die agenda is reeds aan almal gestuur.  Die finansiële verslag sal by die vergadering beskikbaar wees

Daarna   Jan Horn gesels oor “Death on the Mountain: die Everest-episode”.  Jan gaan ‘n kort inleiding hê en daarna ‘n aangrypende video hieroor wys

Na afloop van dit alles gaan almal wat wil saamkuier en eet.  Onthou net jou bakkie kos vir die deel-tafel, asook jou drank en eetgerei

NHN-groete

Johan Brink