Goeiedag aan alle NHN lede
Hier is meer besonderhede van eerskomende Sondag se byeenkoms:
Plek: R@M Bowls Club, Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.
Die roete-aanduiding is by: https://maps.app.goo.gl/2PwRHXiheajN2Zfm7
GPS: -25.921676022080582, 28.190885726272683 of 25° 55’ 18” S, 28° 11’ 27” E
Padaanwysings:
- Neem Ou Johannesburg afdraai van N1
- Volg Brakfonteinweg vir ±2.4 km
- Draai regs in Midstream Drive en ry vir 800 m
- Draai links in Meadows Drive en ry weer vir 800 m
- Draai links in Midway Boulevard en ry vir 200 m
- Madeleinestraat is links by die sirkel en ry tot by die volgende sirkel [100 m]
- Jy gaan die sirkel in by 6-uur, en verlaat dit by 12-uur. Onmiddelik daarna sien jy die klubhuis regs voor
- Edelweiss se nommer is 082 7415849 as jy nog steeds verdwaal het
Program van die oggend:
10:00 Tee
10:30 Jaarvergadering. Die agenda is reeds aan almal gestuur. Die finansiële verslag sal by die vergadering beskikbaar wees
Daarna Jan Horn gesels oor “Death on the Mountain: die Everest-episode”. Jan gaan ‘n kort inleiding hê en daarna ‘n aangrypende video hieroor wys
Na afloop van dit alles gaan almal wat wil saamkuier en eet. Onthou net jou bakkie kos vir die deel-tafel, asook jou drank en eetgerei
NHN-groete
Johan Brink