Goeiedag aan alle NHN lede
Ek heg hierby aan die Agenda en die Jaarverslag vir ons vergadering op die 27ste Februarie.
Die Finansiële Verslag sal by die vergadering uitgedeel word.
NHN-groete
Johan Brink
Sakelys van die Algemene Jaarvergadering wat gehou sal word op Sondag 27 Febr 2022 te Midstream
Verwelkoming
Presensie
Goedkeuring van die Notule van die AJV 2020
Voorsittersverslag
Finansiele State
Verkiesing van bestuur
Algmeen
Afsluiting
Jaarverslag vir die Uitvoerende Komitee Die Nuwe Hervorming Netwerk
Maart 2020 Februarie 2022
Die vorige Algemene Jaarvergadeing is gehou op 2 Februarie 2020.
Soos U almal weet is die bedrywighede van die NHN, net soos in ander organisasies en in ons daaglikse lewe, ernstig ontwrig deur die Covid pandemie.Op die vergadering is die Uitvoerende Komitee as volg saamgestel:
Phil Steyn (Voorsitter)
Sakkie Spangenberg (Visie Voorsitte)
Edelweiss Schieke (Sekretaris)
Annamarie Steyn (Tesourier)
Lede: Johan Talma Netwerk en Bemarking en Sosiale Spil
JohanBrink Netwerk en Bemarking
Babs Basson Redaksioneel en Facebook (Bygestaan deur Sakkie, Deon en Anè)
Willem Semmelink Webwerf
Sam Basch Nuusbrief
Marius Theron Bemarking
Sakkie en Johan Brink Midrandlesings
Gedurende 2021 het Sam Basch bedank weens persoonlike tydsredes en Johan Brink het onderneem
om vanaf 2022 die nuusbrief uit te stuur.
Daar is twee Uitvoerende Komitee vergaderings gehou gedurende 2020 en een gedurende 2021.
2 Maart 2020 is ‘n fisiese vergadering by Babs Basson se huis gehou.
5 Oktober 2020 het ‘n Zoom vergadering plaasgevind.
5 Mei 2021 is ‘n fisiese vergadering by Johan Talma gehou.
Midrand lesings en Uitsendings
Weens die Grendeltyd is slegs vier lewendige lesings by Midrand aangebied.
Daarna het Mollie 9 direkte lesings uitgesaai asook 27 herhalings van vorige lesings. Hierdie aktiwiteite het die NHN aan die gang gehou en ons wil hom daarvoor bedank.
Finansies
Die Finansiële State vir 2020/2021 is aangeheg en ons bedank Annamarie Steyn daarvoor.
Kommunikasie
Kommunikasie het hoofsaaklik via ons aktiewe Facebook blad plaasgevind waar daar deurlopend prikkelende gesprekke plaasvind. Die ledetal het in die eerste drie maande van 2022 na 1.3K aangegroei. Mollie, Sakkie en Babs het ‘n aktiewe hand daarin gehou om te kon optree wanneer debatte effens skeefgetrek wil raak. Ons bedank hulle ook.
Johan Talma het die inisiatief geneem om ‘Groep WhatsApp Kletsgroep te stig. n op met die naam Hierdie dien as ‘n platform vir algemene gesprekke en inligtingsuitruiling en het werklik gehelp om kontak tussen NHN lede aan die gang te hou. Baie dankie daarvoor.
Daar was ook twee opelug kuiergeleenthede gedurende 2021 by Jan en Jeanette Horn op Waaigras.
Groete
Phil Steyn