Goeiedag aan alle NHN lede

Ek heg hierby aan die Agenda en die Jaarverslag vir ons vergadering op die 27ste Februarie. 

Die Finansiële Verslag sal by die vergadering uitgedeel word.

NHN-groete

Johan Brink

Sakelys van die Algemene Jaarvergadering  wat gehou sal word op Sondag 27 Febr 2022 te Midstream

 

Verwelkoming

Presensie

Goedkeuring van die Notule van die AJV 2020

Voorsittersverslag

Finansiele State

Verkiesing van bestuur

Algmeen

Afsluiting

 

Jaarverslag  vir die Uitvoerende Komitee Die Nuwe Hervorming Netwerk

 

Maart 2020  Februarie 2022

Die vorige Algemene Jaarvergadeing is gehou op 2 Februarie 2020.

Soos U almal weet is die bedrywighede van die NHN, net soos in ander organisasies en in ons daaglikse lewe, ernstig ontwrig deur die Covid pandemie.Op die vergadering is die Uitvoerende Komitee as volg saamgestel:

Phil Steyn                           (Voorsitter)

Sakkie Spangenberg         (Visie Voorsitte)

Edelweiss Schieke            (Sekretaris)

Annamarie Steyn              (Tesourier)

Lede:     Johan Talma                      Netwerk en Bemarking en Sosiale Spil

JohanBrink                         Netwerk en Bemarking

Babs Basson                      Redaksioneel en Facebook (Bygestaan deur Sakkie, Deon en Anè)

Willem Semmelink           Webwerf

Sam Basch                         Nuusbrief

Marius Theron                  Bemarking

Sakkie en Johan Brink     Midrandlesings

Gedurende 2021 het Sam Basch bedank weens persoonlike tydsredes en Johan Brink het onderneem

om  vanaf 2022 die nuusbrief uit te stuur.

Daar is twee Uitvoerende Komitee vergaderings gehou gedurende 2020 en een gedurende 2021.

2 Maart 2020  is ‘n fisiese vergadering by Babs Basson se huis gehou.

5 Oktober 2020  het ‘n Zoom vergadering plaasgevind.

5 Mei 2021 is ‘n fisiese vergadering by Johan Talma gehou.

Midrand lesings en Uitsendings

Weens die Grendeltyd is slegs vier lewendige lesings by Midrand aangebied.

Daarna het Mollie 9 direkte lesings uitgesaai asook  27 herhalings van vorige lesings. Hierdie aktiwiteite het die NHN aan die gang gehou en ons wil hom daarvoor bedank.

Finansies

Die Finansiële State vir 2020/2021 is aangeheg en ons bedank Annamarie Steyn daarvoor.

Kommunikasie

Kommunikasie het hoofsaaklik via ons aktiewe Facebook blad plaasgevind waar daar deurlopend prikkelende gesprekke plaasvind. Die ledetal het in die eerste drie maande van 2022 na 1.3K aangegroei. Mollie, Sakkie en Babs het ‘n aktiewe hand daarin gehou om te kon optree wanneer debatte effens skeefgetrek wil raak. Ons bedank hulle ook.

Johan Talma het die inisiatief geneem om ‘Groep WhatsApp Kletsgroep te stig. n op met die naam Hierdie dien as ‘n platform vir algemene gesprekke en inligtingsuitruiling en het werklik  gehelp om kontak tussen NHN lede aan die gang te hou. Baie dankie daarvoor.

Daar was ook twee opelug kuiergeleenthede gedurende 2021 by Jan en Jeanette Horn op Waaigras.

Groete

Phil Steyn