Vuurklip – Mariè Heese
‘n Waardering, aangebied deur Izak Minnie
Mariè Heese maak ons bewus van die helende en onderhoudende krag van stories en musiek, … “en daarmee maak (sy) haar eie storie OOR ONS, vir ons — een waarvan ons self elke dag steeds medeskrywer is,” vertel Izak Minnie in sy prikkelende ontleding van die boek, Vuurklip.
Vuurklip is ‘n verhaal van grootword en die verlies van onskuld en oorlewing — die kringloop van die lewe. Mariè Heese werf vaardig haar pad tussen ‘n magdom argeologiese en antropologiese gegewens deur rn trek deurgaans sterk lyne tussen die geesteswêreld en die praktiese, alledaagse lewe wat voortgaan. Die verhaal is ‘n deernisvolle voorstelling van die ontwikkelende mens in sy vele fasette. Die mens se aanvanklike verbystering oor vuur word deur latere ontwikkeling ‘n onderhouding daarvan, tot die mens eindelik verstaan hoe om vuur te maak.
Deur ontwikkeling leer die mens om misterie te ontrafel en tot voordeel te gebruik. Gedagtig aan die Bybelse skeppingsverhaal, skryf Minnie: “Met sy kennis van vuurmaak, eet die mens as t’ ware van die boom van kennis van goed en kwaad.”

Minnie Vuurklip