Deur: Prof Eben Scheffler
Datum : So 13 Okt 13
In sy aanbieding sal Eben kortliks die probleem van armoede wereldwyd en veral in Suid-Afrika skets.
Alhoewel dit allerweë erken word dat Jesus van Nasaret self arm was en vir die armes opgekom het, kan die vraag met erns gevra word of die Christendom hom altyd hierin nagevolg het. Die Bybel is trouens vir die elite en deur die elite geskryf en nié uit die perspektief van die armes nie.
Wat sê die Joods-Christelike tradisie oor armoede en en kan dit dien as motivering vir die opheffing van armoede vandag? Wat kan prakties gedoen word om armoede op te hef? Die lesing sal nie net suggereer nie. Dit sal veral uitnooi tot gesprek in die soeke na antwoorde.