Deur: Sakkie Spangenberg

 

Net soos in die geval van die herverskyningsverhale in die evangelies, kry ons met uiteenlopende verhale oor Jesus se hemelvaart te doen. Die evangelie van Markus en die evangelie van Johannes bevat byvoorbeeld nie ‘n verhaal oor Jesus se hemelvaart nie. Volgens Matteus vind die hemelvaart in Galilea plaas (Matt 28:16–20). Volgens die skrywer van die Lukasevangelie vind die hemelvaart naby Betanië buite Jerusalem plaas (Luk 24:50–53). Volgens die skrywer van Handelinge (Hand 1:1–11) vind dit in Jerusalem plaas.

Waarmee het ons hier te doen? Dis verhale wat weereens verband hou met daardie mense se leefwêreld en ons behoort dit so te respekteer. Hulle het ‘n drieverdieping heelal geken en hulle vertel dan ook verhale dat Jesus na die boonste verdieping vertrek het. Wat wel interessant is, is dat geen vrou die hemelvaart van jesus beleef het nie — slegs die elf dissipels is teenwoordig. Ook dit verraai iets van daardie kultuur en samelewing — die ‘n patriargale samelewing waar mans die belangrike mense is.

Die volgende stellings van Günther Weber in sy boek I believe, I doubt is vir my ter sake. Ek kan dit nie beter as hy stel nie (Weber 1998:97–99):

“When almost thirty years ago I made the acquaintance of biblical criticism through my semi-scholarly work in the Catechetical Institute, I found that the understanding of the Bible that it gave me was like a liberation. For so many events reported by the Bible had often seemed to me to be very improbable. I had found it too difficult for my faith to regard them as real events.

And now so many of these difficulties had been removed. To believe as a Christian I no longer needed ‘firmly to hold it to be true’ that an angel appeared to the Virgin Mary to tell her that the Holy Spirit would come upon her and that she would bear a child.

Nor did the heavenly host which sang their song of praise over the shepherds’ fields any longer cause difficulties for my faith, since I now know that these images and legends presented post-Easter belief in the Messiah.

I was no longer compelled to defend to myself and my audience that Jesus ‘as Son of the Almighty God’ had the power and the capacity to walk on the water, to multiply loaves, to turn water into wine, to open the eyes of people who had been born blind, to call the dead to life… And I no longer needed to imagine the resurrection of Jesus as a dead man coming to life again and rising from the tomb, after forty days to rise from the earth and to disappear in the clouds….

Knowledge of the literary genres of the biblical texts at that time made it possible for me te assent intellectually to Christian faith while using all my critical faculties. Many difficulties which had been created by my need for intellectual honesty had fallen away….

The recognition that the Bible expresses the interpretation of its experiences of God in images, legends, miracle stories or myths made it possible for me to gain access to the truth that it seeks to convey.”

Wat die wederkoms betref, is die volgende belangrik om in aanmerking te neem. Die wederkomsvertellinge is almal ingebed in materiaal wat ons asapokaliptiese literatuur kan klassifiseer. Dit geld van die mini-apokalips van Markus (Mark 13), deur die apokaliptiese vertellinge van Matteus (Matt 24–25) en Lukas (Luk 21) tot by die groot-apokalips waarmee die Christelike kanon sluit, naamlik die boek Openbaring. Om apokaliptiese literatuur as geskiedenis te lees, is ‘n flagrante miskenning van die eie aard van die materiaal. Dit gaan in hierdie literatuur om die hoop dat God in beheer van die geskiedenis is en dat Hy gelowiges in krisistye nie sal verlaat nie. Dit is dus nie profetiese beskrywings van wat werklik in die toekoms gaan gebeur nie.

Ek glo nie in ‘n fisiese wederkoms nie. Eerstens omdat die soort literatuur waarin die wederkomsverhale ingebed is, apokaliptiese literatuur is en dit anders verstaan moet word as geskiedenismateriaal. Tweedens laat my verstaan van die kosmos nie so ‘n soort verwagting toe nie. Die aarde is rond en Jesus kan nie op so ‘n manier verskyn dat alle mense oral ter wêreld Hom gelyktydig sal kan sien nie — in elke geval nie as Hy terug gaan keer Jerusalem toe nie. (Of sal die wederkoms in Galilea plaasvind?) Hierdie kritiese vraag is ook verkeerd, want ek vra historiese vrae aan apokaliptiese literatuur en daardie literatuur kan nie my moderne vrae beantwoord nie.

Ek berus in die geloof dat God met sy hele skepping op pad is na ‘n eindbestemming wat ons nie kan voorspel nie. Volgens die wetenskap sal die son uitswel en die aarde op ‘n stadium verswelg en dan sal die aarde se materie in die ruimtes ingeblaas word. ‘n Einde soos die tradisionele dogmas dit voorsien, kan ek nie meer in glo nie.