Deur: Marietjie v Loggerenberg
Datum : So 29 Sep 13
“Life begins at the end of your comfort zone.” – Neale Donald Walsch
Marietjie sê: “Miskien is dit wat met my gebeur het die afgelope 13 jaar. Ek het begin lewe – as ‘n getroude straight vrou in die gay wêreld. Oor die afgelope jare het die gay samelewing my begin vertrou en hul harte aan my toevertrou. Dit het my natuurlik voor kritiese vrae te staan gebring en my gedwing om antwoorde op moeilke vrae te begin soek.”
Saam met lede van die NHN, asook met André Muller (oud-NG predikant en stigter van die gay kerk in Pretoria), sal Marietjie graag ‘n gesprek wil voer oor die volgende vrae:
1. Belewenis: Uit die comfort zone
• Het elkeen van ons ‘n gay verhaal?
• Hoekom het ek aan gays se kant kom staan?
• Hoe word ‘n persoon gay?
• Kan dit verander?
• Wat leer ons uit die nuutse navorsing?
2. Probleem: Teen ‘n muur (van glas)
- Wat is die NGK se standpunt?
- Hoe beleef gays (en hul ouers, kinders) die verwerping van die samelewing?
- Hoe impakteer dit op gay predikante?
3. Vorentoe: Saam
- Hoe versmelt die “ons” en die “hulle”?
- ‘n Padkaart om rigting te vind in die proses van veranderende persepsies.