Johannes N. Vorster
Daar is ‘n byna vanselfsprekende legitimiteit wat aan sogenaamde geestelike leiers van ons gemeenskap toegeken word, om uitsprake te kan maak oor wat mense met hulle liggame aanvang in kontemporêre sosiale interaksie, of dit nou te make het met seks, aborsie, die dood of die huwelik.
Johannes, beter bekend as Vossie, problematiseer in hierdie gesprek die diskoers en praktyk wat leiers die legitimerende mag gee, deur te verwys na praktyke betreffende liggaamlikheid en seksualiteit wat in die antieke tyd ontstaan het en hoe dit tot stand gekom het. Ook demonstreer hy hoe sodanige diskoers kan bydra tot gendergeweld.