‘n Onlangse besoek aan die Boston Museum of Fine Arts het my laat wonder oor die waarde van sulke instellings. Gegewe dat museums ’n besondere aspek van mens se geskiedenis, tradisies en kultuur verteenwoordig, is die verbysterende agteruitgang en minagting van Suid-Afrikaanse museums nie net teleurstellend nie maar ook diep verontrustend. Hierdie bespreking wil kortliks die belang en sinvolheid van kritiese en deeglik versorgde museums uitlig. Die voorbeelde is almal gebaseer op BMFA (wat alreeds insiggewend is). Museums is besondere instellings; trouens, vir iemand wat belangstel in ’n liggaamlike, realistiese geestelikheid is dit plekke van spirituele belewenis.
MR byeenkoms Sondag 8 Julie 2018 Prof Pieter Botha oor: “Hoekom onthou en bewaar ons? Gedagtes na aanleiding van ‘n besoek aan die Boston Museum of Fine Arts”
Jul 9, 2018 | Argief, Mense se stories, Samelewing | 0 comments