Beste NHN Lid of Belangstellende
Hierdie nuusbrief bevat twee belangrike aankondigings.
Midrandbyeenkoms 23 Mei:
Te midde van die huidige gesondheidsomstandighede het genoeg lede aangedui dat hulle dit sal verkies as ons weer in persoon byeenkom. Onderhewig aan Covid-regulasies vind ons eerste byeenkoms dan op 23 Mei plaas. Hierdie eksperimentele byeenkoms sal die eerste wees sedert die Covid-pandemie ons einde Maart verlede jaar begin “opsluit” het. Meer inligting oor die aanbieding self volg binnekort.
Verkiesing van ‘n nuwe NHN UK
Neem asseblief kennis dat ‘n nuwe UK na afloop van bogenoemde geleentheid verkies sal word. Nominasies moet asseblief onverwyld na Phil Steyn by philsteyn@gmail.com of 0823727158 gestuur word; andersins na Edelweiss Schieke by edelweiss.schieke@gmail.com of 0827415849.
Ons sien uit na ‘n vreugdevolle wedersiens!
Hartlike groete
Johan Talma (nms NHN UK)