Ons volgende byeenkoms sal plaasvind op Sondag 22 Januarie by Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate. GPS: ‑25.922, 28.191. Die tyd is 09:30 vir 10:00, en daar is die gewone tee en koffie beskikbaar vooraf.
Die program van die oggend sal wees:
1. Jaargadering van die NHN. Die agenda hiervoor is aangeheg asook die notule van die vorige vergadering.
2. Lesing deur Sakkie Spangenberg:
“Om nadenkend te leef: die digkuns van Antjie Krog”
Antjie Krog het verlede jaar 70 jaar oud geword. Ek het haar die eerste keer “ontmoet” toe ek haar twee digbundels “Dogter van Jefta” (1970) en “Mannin” (1975) tydens my studentejare op Stellenbosch gekoop het. Teologie en spesifiek die Ou Testament is my hoofvak, maar die Afrikaanse taal lê my na aan die hart en ek lees graag Afrikaanse gedigte. Die twee titels het desjare my oog gevang omdat ek op daardie stadium besig was om Hebreeus aan te leer, maar ek het die boeke ook gekoop omdat sy sake aanroer wat mens laat nadink.
Sedert daardie jare het ek altyd bewus gebly van Antjie se doen en late en wat sy geskryf en gepubliseer het. Nie dat ek alles wat sy al gepubliseer het, gekoop en gelees het nie. Haar twee digbundels “Mede-wete” (2014) en “Plunder” (2022) het my paaie weer met hare laat kruis. Sy roer sake daarin aan waaroor ek ook nadink en soms iets skryf.
In my lesing sal ek meer hiervan vertel en dit ook toelig met enkele van haar gedigte.
“Dis belangrik om ’n kind te leer om sy gevoelens in woorde te kan uitdruk. ’n Mens is nie in staat tot kommunikasie, tot regtige kontak met iemand as jy nie kan formuleer wat jy voel nie. Ek is self so grootgemaak.” (Antjie se woorde.
3. Daarna is almal genooi om nog te bly. Elkeen bring iets om te drink en iets om te eet en ons kuier nog ʼn ruk.
Verjaardae in Januarie:
Dries Els 13 Jaunarie
Marius Theron 20 Januarie
NHN-groete
Johan Brink