Ons volgende byeenkoms sal weer plaasvind op Sondag 23 Julie by die Rolbal Klubhuis, Retire @ Midstream, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.  GPS: ‑25.922, 28.191.   Die tyd is 09:30 vir 10:00, en daar is die gewone tee en koffie beskikbaar vooraf.  Ons is onseker op die oomblik of ons op die gewone plek op die stoep gaan vergader, of in die naasliggende lokaal.  Berei asseblief voor vir die ergste, en trek warm aan.

Vandag se spreker is Izak Geldenhuys.  Sy onderwerp is: “Die lewensveranderende impak van ’n motorfietsongeluk in 2008”.

Die lesing handel oor die geweldige effek wat ’n motorfietsongeluk gehad het op my en my gesin se lewens die afgelope 15 jaar. Vóór die ongeluk was ek ’n praktiserende advokaat by die Pretoria Balie. Ná die ongeluk het ek gaan kuns studeer en ook ’n intensiewe studie van Noord-Sotho (Sepedi) gemaak. Ek het bedank by die Balie en ek is sedert die ongeluk ’n kunstenaar en Sepedi-onderwyser. 

Soos gebruiklik is almal genooi om daarna nog te bly.  Elkeen bring iets om te drink en iets om te eet en ons kuier nog verder.

Sakkie se lesing op 25 Junie: Sien asseblief die aanhangsel vir ʼn volledige artikel.  Dit is nog in konsepvorm en Sakkie is besig om dit te finaliseer vir publikasie.

Verjaardae in Julie:

Sakkie Spangenberg          09 Julie

Dirk Heyns                           13 Julie

 

Verjaardae inAugustus:

Phil Steyn                            22 Augustus

Gerrit Genis                        27 Augustus

 

Ledegeld:  Die gebruiklike herinnering aan dié wat nog nie gereageer het nie.

Bedrag: R400 per persoon, of R500 per gesin. 

Bankbesonderhede:

Bank:                                      Nedbank

Tak:                                        Wonderpark  – dit was tevore Pretoria-Noord

Takkode vir EFT betalings:  198765

Rekeninghouer:                    Die Nuwe Hervorming Netwerk

Rekeningnommer:               1621207811

Tipe rekening:                      Lopend

 

Die ledegeld word aangewend vir: huur van die perseel; honorarium vir die sprekers; die maak van video’s; verversings; die webblad; die seminaar (hierdie jaar) en bankkostes.

 

NHN-groete

Johan Brink