Goeienaand aan alle NHN lede
Die volgende byeenkoms van die NHN sal wees op Sondag 10 Julie weer by R@M Bowls Club, Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate. GPS: -25.921676022080582, 28.190885726272683.
Tyd: 09:30 vir 10:00
Ons het weer die gebruiklike tee/koffie vooraf. Om 10:00 kom ons spreker van die dag aan die woord, en daarna is dit ons gebruiklike bring-en-eet saam vir almal wat belang stel om nog te kuier. Bring soos gewoonlik iets vir die gesamentlike tafel om te eet, asook jou eetgerei en drank.
Spreker: Dr Eugene Fourie
Titel: COVID en sy entstowwe
Die mensdom raak paradigmas gewoond. Alles hoort mooi netjies in hul fluweelkassies, totdat iets die appelkar omgooi. Swane is wit en soogdiere lê nie eiers nie, totat sulkes in Australië gevind is. Covid was ‘n klassieke swart swaan.
Groot was die ontsteltenis toe Covid sy kop lig en dreig om wêrelwyd toe te slaan. Videobeelde uit Italië van siekes wat in die straat voor hospitale in die beddens moet lê omdat alle sale oorloop van mense met asemnood, was skokkend. Toe die pandemie orals begin toeslaan moes vinnig plan gemaak word.
Nog nooit is soveel geld, en soveel industriële vermoëns, so vinnig op ‘n siekte gefokus nie. Met saamstaan en kragdadige optrede is die siekte getemper tot binne gesondheidsdienste se vermoeëns. Entstowwe en geneesmiddels is binne maande ontwikkel.
Ek sal vertel hoe mRNA entstowwe in minder as ‘n jaar ontwikkel is, en as kersie op die koek hoe ‘n VIGS tipe virus soogdiere instaatstel om nie eiers te hoef te lê nie.
- Die onderwerp by ons volgende byeenkoms op 14 Augustus sal wees Klank van Stilte deur prof François Durand
- Ons wil graag NHN-lede wat verjaar gelukwens in die maand wat hulle verjaar. Hierdie maand verjaar:
Sakkie Spangenberg – 9 Julie
Dirk Heyns – 13 Julie
Mag ʼn voorspoedige en vreugdevolle lewensjaar vir julle voorlê.
- Stuur asseblief julle verjaardagdatums aan Johan Talma [083 5568711] as julle wil. Ons wil graag so volledig ʼn lys as moontlik hê.
NHN-groete
Johan Brink