NB: Ons volgende byeenkoms sal wees op Sondag 20 November R@M Bowls Club soos gewoonlik: Retire @ Midstream se Rolbal Klubhuis, Madeleinestraat 1, Midstream Estate. GPS: -25.922, 28.191. Neem asseblief dat hierdie byeenkoms met ʼn week vervroeg is, en dat dit nie meer plaasvind op 27 November soos aangekondig in die Kalender nie. Dit is die laaste byeenkoms vir die jaar.
Tyd: 09:30 vir 10:00
Ons het weer die gebruiklike tee/koffie vooraf. Om 10:00 kom ons spreker van die dag aan die woord, en daarna is dit ons gebruiklike bring-en-eet saam vir almal wat belang stel om nog te kuier. Bring soos gewoonlik iets vir die gesamentlike tafel om te eet, asook jou eetgerei en drank.
Ons spreker is ʼn ou bekende by die NHN: Jaco Budricks
Titel: Tegnologie ontwikkelings – die koms van groenkrag en elektriese motors
Verskeie tegnologie ontwrigtings het al plaasgevind. Die mees onlangse voorbeelde is filmkameras wat vervang is deur digitale kameras en selfone met sleutelborde (Nokia) is verplaas deur slimfone (Apple, Samsung). Hierdie nuwe tegnologie veroorsaak groot ontwrigtings. Honderjaaroue-maatskapye speel bankrot (Kodak en Nokia).
Die sogenaamde S-kurwe dui die tempo van verandering aan. In meeste moderne gevalle neem dit 5 tot 30 jaar vir nuwe tegnologie om die oue te verplaas. Maar tans lyk dit of die veranderinge vinniger plaasvind. Kenners voorspel ’n hele paar groot ontwrigtings wat tans aan die gebeur is.
Ek poog om meer duidelikheid te verleen oor wat aan die gebeur is met groenkrag en elektriese motors. Die speelveld mag teen 2030 totaal onherkenbaar wees.
- Volgende byeenkoms: dit sal wees in Januarie of in Februarie 2023. Die UK is nou besig om die 2023-kalender op te stel.
- Verjaardae:
Deon v Zyl 6 November
Johan Talma 6 November
Nita Heyns 8 November
Maryke Kruger 22 November
Annamarie steyn 26 November
Edelweiss Schieke 28 November
Jan Viljoen 7 Desember
Jan Horn 10 Desember
Johan Brink 24 Desember
ʼn Voorspoedige en vreugdevolle lewensjaar vir julle toegewens.
- Stuur asseblief julle verjaardagdatums aan Johan Talma [083 5568711] as julle wil. Ons wil graag so volledig ʼn lys as moontlik hê.
NHN-groete
Johan Brink