Ons volgende byeenkoms:

Let asseblief daarop dat die datum van die byeenkoms geskuif het;
op die NHN Kalender word dit aangegee as 17 September.
Dit word egter nou met ʼn week vervroeg.

Datum:    Sondag 10 September
Plek:           Rolbal Klubhuis, Retire @ Midstream, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.  GPS: ‑25.922, 28.191
Tyd:            09:30 vir 10:00. Tee en koffie is vooraf beskikbaar 

 

Vandag se spreker is dr. Deon van Zyl.  Die onderwerp is: “Hoe bestuur ons ons eie geestesgesondheid?”.

Ons besef nie altyd watse moeilike tye ons met Covid-19 en die gepaardgaande grendeltye en inperkings deurgemaak het nie. Angstighede, onsekerhede, allerhande verliese, sosiale isolasie, naasbestaandes/vriende wat oorlede is, magteloosheid ens. het hoogty gevier.

In die bedryfsektor verskyn talle artikels deesdae oor terme soos “languishing” (kwyning) en “quiet quitting” (stille oorgee/opgee), waar werknemers nie noodwendig kliniese depressie of volskaalse “burnout” (uitbranding) toon nie, maar lusteloos, leeg, ontkoppel en neutraal voel, en slegs die minimum doen om deur die dag te kom.

Die belangstelling in geestesgesondheid beleef ook wêreldwyd ’n oplewing, en die belangrikheid daarvan word meer en meer besef en beklemtoon.

Ons gaan ’n oop gesprek voer oor hoe ons ons eie geesestesgesongheid bestuur. Elkeen van ons het deur ons eie lewenservaring geleer wat werk en wat nie werk nie, en gebruik dalk ’n paar beste praktyke.

Deon sal ’n paar uitdeelstukke en gereedskapstukkies saambring, maar die idee is om deelnemend te gesels en dalk by mekaar ’n paar wenke op te tel.

Kom asseblief met ’n pen gewapen vir ’n paar aktiwiteite waar dit kortliks benodig sal word, en bring ’n idee of drie saam wat jy gevind het goed werk om jou eie geestesgesondheid te bevorder.

Soos gebruiklik is almal genooi om daarna nog te bly.  Elkeen bring iets om te drink en iets om te eet en ons kuier nog verder.

 


Lesing op 20 Augustus:

Die spreker was prof. Pieter Botha.  Sy onderwerp is: “Wat is die waarheid? ’n Ontmoeting met die Montaniste laat mens wonder…”:

Die lesing is beskikbaar op Youtube.  Gaan na https://www.youtube.com/watch?v=hf_2BRBnUboDie


Komende verjaardae
:

Marie Budricks                       14 September
Jaco Budricks                           16 September
André Reitmann                  28 September
Chris de Weerdt                    24 September
Ané van der Merwe            27 September

 

NHN-groete

Johan Brink