Deur: HANSIE WOLMARANS
Datum : So 11 Nov 12
Die geloof in God(e)/bo-natuurlike agente is bykans universeel. Daar is verskillende verklarings hiervoor. Calvyn het verklaar dat alle mense met ’n sensus religionis geskape is. Dit is deur die sondeval verduister, maar is gelukkig deur Jesus herstel.
Onlangse navorsing vanuit die perspektief van die kognitiewe sielkunde ondersoek dieselfde probleem. In die proses van ewolusie het mense die vermoë ontwikkel om te teoretiseer oor die teenwoordigheid van onsienlike agente asook hulle bedoelings. Dit is beter om weg te spring vir ’n ritsel in die gras of ’n bewegende skadu, as dat dit jou bespring. Vanuit hierdie vermoë tot personifikasie het godsdiens ontwikkel wat samewerking met ander bevorder, en nihilisme ondermyn.
Professor Hansie Wolmarans is verbonde aan die Universiteit van Johannesburg waar hy Grieks en Klassieke Kultuur doseer.