Die Nuwe Hervorming Netwerk hou die naweek van 11-13 September sy jaarlikse seminaar by Leribisi Lodge, oos van Pretoria. Die tema sal wees:  Vier die lewe met betekenisvolle en sielvolle ervarings.

Vanjaar se seminaar gaan by uitstek ‘n deelnemende geleentheid wees met baie ruimte vir gespreksvoering, interaktiewe deelname, kreatiewe uitdrukking, storievertellings, pret en ander betekenisvolle ervaringe onder leiding van Dr Deon van Zyl.

Vier onderwerpe: Wysheid/perspektief, Kreatiwiteit/improvisasie, Sosiale intelligensie/ diversiteit en Hoop/optimisme gaan op verskillende maniere deur kort film- of videosnitte, bondige teoretiese insette en gestruktureerde ervarings ingelei word. Daarna sal dit verder in ‘n mini-slypskool formaat onder die loep geneem word met toepassings en aktiewe gespreksdeelname.

Die seminaar ook sal genoegsame geleentheid vir informele saamkuier en ander sosiale aktiwiteite bied. Ina Louw sal Saterdagaand sorg vir gesellige samesyn en pret na die braai.

Om die geleentheid by te woon, hetsy vir die twee aande se oorslaap of net as dagbesoeker, skakel gerus met Corlia Reitmann by corliareitmann@telkomsa.net Vir ander navrae kontak Johan Talma by talma@mweb.co.za of 083-556-8711.

Die koste vir die naweek, ingesluit die seminaarfooi, verblyf, etes en sosiale aktiwiteite, is R1 330 per persoon. Vir dagbesoekers is dit R850.

Na verwagting sal hierdie naweek-wegbreek een van die hoogtepunte op vanjaar se kalender wees.