Nuusbrief #11 van 2023

Ons volgende byeenkoms:
Datum:   Sondag 22 Oktober
Plek:    Rolbal Klubhuis, Retire @ Midstream, Madeleinestraat 1, Midstream Estate.  GPS: ‑25.922, 28.191.  
Tyd:     09:30 vir 10:00. Tee en koffie is vooraf beskikbaar. 

Vandag se spreker: is prof Kobus Kruger.  Die onderwerp hou verband met sy onlangse boek: Oorwegings voor gesigseinder – Onderweg op die Agtvoudige Pad

Ons leef in ʼn tyd van sosiale, kulturele en religieuse krisis. Dit raak nie net een religie nie, maar almal, as uitinge van die een na sin smagtende mensheid, op ʼn aarde, self in ʼn diep ekologiese krisis, grootliks die gevolg van menslike denk- en gedragswyses. Dit is ook ʼn tyd van moontlike nuwe begin, oorbegin. Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasie-stukkies in gesprek met Christendom en Boeddhisme, en met lesers as pelgrims, deel van een lotsgemeenskap op weg, en hopelik verlig terug van ʼn laaste, stil gesigseinder, met die moontlikheid van ʼn lewe tot voordeel van alle lewe.

Soos gebruiklik is almal genooi om daarna nog te bly.  Elkeen bring iets om te drink en iets om te eet en ons kuier nog verder.

Vorige byeenkoms op 18 September: Dr Deon van Zyl het ʼn interaktiewe sessie gehad oor die onderwerp van “Hoe bestuur ons ons eie geestesgesondheid”.  ʼn Volledige opsomming hiervan deur Sakkie Spangenberg verskyn op die webblad van die NHN by https://nuwe-hervorming.co.za/dr-deon-van-zyl-hoe-bestuur-ons-ons-eie-geestesgesondheid-10-september-2023/

Volgende byeenkoms nota bene asseblief: op die NHN-kalender is die byeenkoms gelys vir Sondag 26 November.  Die lokaal is egter nie beskikbaar op daardie dag nie.  Maak asseblief ʼn nota dat die byeenkoms met een week vervroeg word.  Dit vind nou plaas op Sondag 19 November.  Ons spreker sal wees Willem Semmelink.

Komende verjaardae:

Chris de Weerdt                     24 Oktober
Ané van der Merwe              27 Oktober
Deon van Zyl                          6 November
Johan Talma                           6 November
Nita Heyns                              8 November
Maryke Kruger                       22 November
Annamarie Steyn                   26 November
Edelweiss Schieke                 28 November

Lief en leed: Lage Vitus is op die oomblik ernstig siek in die hospitaal.

NHN-groete
Johan Brink