“What has never been questioned has never been proven” – Denis Diderot

Die Individu

As die verwysingsraamwerk waarmee jy grootgeword het in duie stort, kan dit ‘n mens op persoonlike en interpersoonlike vlakke in ‘n krisis dompel. Ou verklarings vir dinge wat gebeur (of nie gebeur nie), is skielik nie meer geldig nie. Ou sekerhede word vervang deur vrae waarop daar nie beslissende antwoorde is nie. Daar kan ‘n groot gevoel van verligting en bevryding kom as jy byvoorbeeld jou vrees vir straf-vir-sonde verloor… maar terselfdertyd kan jy wroeg en wonder of jy nie dalk die grootste fout van jou lewe maak nie.

Om skielik intens alleen te voel, is ook ‘n algemene verskynsel. Die mense om jou met wie jy grootgeword het, het nie noodwendig dieselfde kopskuiwe as jy gemaak nie. As jy waag om te sê wat jy regtig dink, staar jy die gevaar van verwerping in die gesig. As jy stilbly, voel dit of jy huigel.

By die NHN sê niemand vir jou “Dit is hoe jy moet dink/voel/maak” nie. Wat ons wel doen, is om vir mekaar legkaartstukkies aan te gee. As individue kan ons daardie dinge deel wat sin, betekenis en vreugde in die lewe gee; hoe ons deur moeilike situasies en verhoudings gewerk het of wat ons inspireer en krag gee. Dit bly egter elkeen se taak om sy/haar eie legkaart te bou met watter stukkies ook al werk.

Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle tyd of gebeurtenis in jou lewe vir plasing by “Ons Mense se Stories”.

Artikels

Die Historiese Jesus en Kersfees – Hansie Wolmarans

Deur: HANSIE WOLMARANS Datum : So 04 Des 05 Om die historiese Jesus na te vors, is soos om lae en lae verf en vernis van 'n antieke meubelstuk af te skuur. Dan mag jy vind dat daar selfs strukturele veranderings aan die meubelstuk self aangebring is. Onder lae van...

lees meer

Post-Moderne Spiritualiteit en Lyding – Hansie Wolmarans

Inleiding Mens sou die hantering van lyding met ’n eenvoudig formule kon weergee: G + R = U (G = Gebeure wat die lyding veroorsaak soos siekte, verlies in een of ander vorm: egskei­ding, dood van ’n kind, misdaad; R = ons persoonlike en gemeenskaplike Reak­sie daarop;...

lees meer

Waaroor dit gaan vir Hansie Wolmarans – Hansie Wolmarans

Deur: Hansie Wolmarans Hansie Wolmarans stel die agtergrond en dryfkrag van ons gespreksgroep so: Geloofsbelewing: Die Nuwe Hervorming Gespreksgroep is op soek na nuwe vorme van spiritualiteit en 'n eietydse geloofsbelewing. Dit gaan vir ons om 'n nie-aggressiewe...

lees meer

Die Bybel: Woord Van God, Of Oor God? – Sakkie Spangenberg

1 Inleiding Ons het by die vorige drie geleenthede aan drie sake aandag gegee: 'n Nuwe spiritualiteit: Die oue is nie meer nie, die nuwe is nog nie. Fases van geloofsgroei: Nie net ons liggame groei nie, maar ook ons gees. Beelde van God/die goddelike: Teïstiese,...

lees meer

Beelde van God / Die Goddelike – Hansie Wolmarans

"Ek het …. gesien, … gehoor, … ter harte geneem. Daarom stuur ek jou …" Daar is plekke in hierdie wêreld wat nie hier of daar is nie, nie bo of onder nie, nie werklik of denkbeeldig nie. Dit is tussen-in plekke wat jy moeilik vind, en moeilik by kan bly, soos in die...

lees meer

Hervorming, Nuut en Andersins – Prof Diek Van Wyk

[Vandeesmaand probeer Diek ‘n bietjie meer lig gooi op ‘n omstrede tendens in die godsdienstige gespreksvoering in Afrikaanse geledere.] Sowat 11 jaar gelede het ‘n nuwe begrip hom in die plaaslike godsdienstige landskap tuisgemaak: Nuwe Hervorming. Dit het ‘n periode...

lees meer