“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller

Ons plek in die Kosmos

 

Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.

Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.

Op hierdie bladsy plaas ons artikels wat getuig van nadenke oor die grootsheid van die heelal; die lang geskiedenis van die Aarde; die ontstaan en voortgang van lewe op Aarde, en hoe ons as mense met alle lewendes op hierdie planeet behoort om te gaan.

Neem gerus deel aan die proses!

Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.

Artikels

Oopkop oor hernubare energie – Prof Dieter Holm

Deur: Dieter Holm Datum : So 21 Apr 13 Energie is amper soos religie; die meeste mense glo aan één saligmakende energievorm, naamlik elektristeit. Dit terwyl energie veel meer is as elektrisiteit. Die een waarvan daar die minste algemene kennis bestaan, is hernubare...

lees meer

Die Wetenskaplike Skeppingsverhaal – H Strydom & S Talma

Die Wetenskaplike Skeppingsverhaal Deur: Hennie Strydom, met bywerking deur Siep Talma Die mensdom, soos wat ons dit uit die geskiedenis ken, is maar die puntjie van die ysberg van evolusie wat plaasgevind het oor ‘n ontsaglike tydsverloop. Dit is trouens moeilik om...

lees meer

Die Ska (Square Kilometer Array) – Gerrit Genis

Deur: GERRIT GENIS Datum : So 01 Jul 12 Met die toekenning van die SKA (Square Kilometer Array) projek gaan Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die geleentheid kry om baanbreker-bydraes te maak tot ons begrip van die ontstaan en ontwikkeling van die heelal en uiteindelik...

lees meer

Law of Physics may Change… – New Scientist

Laws of physics may change across the universe Deur: New Scientist New evidence supports the idea that we live in an area of the universe that is "just right" for our existence. The controversial finding comes from an observation that one of the constants of nature...

lees meer