“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller
Ons plek in die Kosmos
Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.
Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.
Op hierdie bladsy plaas ons artikels wat getuig van nadenke oor die grootsheid van die heelal; die lang geskiedenis van die Aarde; die ontstaan en voortgang van lewe op Aarde, en hoe ons as mense met alle lewendes op hierdie planeet behoort om te gaan.
Neem gerus deel aan die proses!
Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
Artikels
Drie Perspektiewe op die Ontstaan, Groei & Toekoms van die NHN – Sakkie Spangenberg, Pieter Botha, Pieter Craffert
Deur: SAKKIE SPANGENBERG, PIETER BOTHA, PIETER CRAFFERT Datum : So 30 Jan 11 Sakkie Spangenberg, Pieter Botha en Pieter Craffert vertel : waarom hulle betrokke geraak het by die ontstaan van die NHN hoe hulle die groei van die NHN beleef en hoe die toekoms van die NHN...
Soeke na ‘n Eietydse Spiritualiteit – Sentrum Vir Eietydse Spiritualiteit – Pretoria – Abel Pienaar En Ander
Deur: ABEL PIENAAR EN ANDER DVD 1 Ewolusie van Spiritualiteit (Inleiding) - Abel Pienaar Perspektiewe op Jesus van Nasaret - Sakkie Spangenberg Ons plek in die Kosmos - Gerrit Genis DVD 2 Evangelie sonder Kruis of Opstanding – ou alternatief - Piet Muller Die...
Gedagtes oor Calvyn, Darwin, die teoligie en die Lewe – Hansie Wolmarans
Inleiding: ’n Poppespel eksperiment ’n Paar jaar gelede het Jesse Bering en David Bjorklund ’n interessante eksperiment by die Florida Atlantic University in die VSA gedoen. Hulle het vingerpoppe gebruik om ’n storie vir 8–12 jaar oue kinders te vertel. Dit handel oor...
Wie Skep – God of Evolusie? Psalm 19 en Evolusionere Sielkunde in Tweegesprek – Hennie Viviers
Inleiding Wat die digter van Psalm 19 doen, is wat kunstenaars in die algemeen doen, naamlik om ’n interpretasie van ons werklikheid op so ’n wyse aan te bied dat dit ons diepste begeerte na lewensin bevredig. Die digter van Psalm 19 doen dit net religieus, deur ’n...
Wat is Opwindend in Genetika en hoe raak dit Ons – Henk Huismans
INLEIDING: Die lesing beoog om ‘n oorsig te gee van enkele van die nuutste ontwikkelinge in Genetika en om op grond daarvan te probeer om ‘n paar antwoorde te verskaf op enkele van die vrae oor Genetika waarmee ons dikwels gekonfronteer word. Dit sluit vrae in oor...