“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller

Ons plek in die Kosmos

 

Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.

Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.

Op hierdie bladsy plaas ons artikels wat getuig van nadenke oor die grootsheid van die heelal; die lang geskiedenis van die Aarde; die ontstaan en voortgang van lewe op Aarde, en hoe ons as mense met alle lewendes op hierdie planeet behoort om te gaan.

Neem gerus deel aan die proses!

Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.

Artikels

Die Aard van die Mens – Franscois Durand

  Die hoofdoel in die lewe van ’n dier is: Om te oorleef, want sukses in die natuur = effektiewe voortplanting. Om predasie vry te spring, want om lank te leef beteken dat meer nasate voortgebring kan word.   Die hoofdoel van lewe is om lewe voort te bring....

lees meer

Ons en ons Ekologiese Voetspoor – Fred Goede

Die mensdom sit elke jaar 26 000 miljoen ton koolstofdioksied in die lug deur die gebruik van fossielbrandstowwe, wat andersins in die aarde vasgevang sou bly. Wat moet die mens doen om die moontlike klimaatimpakte te verminder, of beter nog, te vermy? Die eerste...

lees meer

Skeppingsverhale – Peet van Dyk

Deur: PEET VAN DYK Datum : So 10 Jun 07 Hoe verstaan ’n mens die skepping in die Bybel? Meeste mense kan onmiddellik die mees basiese feite van die Bybelse skeppingsverhale vinnig herhaal: • Binne ses dae • God het net ‘n woord gespreek • Begin met chaos van...

lees meer

Het die Mens ‘n (Onsterflike) Siel? – Jacques Kriel

Neither a man nor a nation can live without a higher idea, and there is only one such idea on earth, that of an immortal human soul; all the other higher ideas by which men live follow from that. (F Dostoyefsky) Die ongeldigheid van hierdie "geloof" moet aangetoon...

lees meer