“For a community to be whole and healthy, it must be based on people’s love and concern for each other.” – Millard Fuller
Ons plek in die Kosmos
Ons leef ons hele lewe op hierdie aarde, een van die planete rondom die son. Die son is ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Dit is in ‘n deel van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë in een van die sterrestelsel se spiraalarms, ongeveer ¾ uit van die middelpunt. Die melkweg bestaan uit nagenoeg 400 miljard sterre, waarvan die meeste kleiner is as die son, maar sommige weer baie groter. So is die melkweg weer een van meer as 100 miljard sterrestelsels wat saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.
Ons, die mense op die aarde, is maar nietig. Enersyds is ons eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die hele kosmos. Andersyds het ons doen en late ‘n groot impak op hierdie sensitiewe en wonderlike planeet wat ons enigste tuiste is.
Op hierdie bladsy plaas ons artikels wat getuig van nadenke oor die grootsheid van die heelal; die lang geskiedenis van die Aarde; die ontstaan en voortgang van lewe op Aarde, en hoe ons as mense met alle lewendes op hierdie planeet behoort om te gaan.
Neem gerus deel aan die proses!
Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
Artikels
Natuur, Skepping en Moraliteit: Dr Francois Durand
Midrandbyeenkoms Sondag 15 Mei: Francois Durand illustreer sy siening van die mens se natuurbeskouing aan die hand van ‘n Brueghel-Rubens-skildery wat die Tuin van Eden voorstel as alles net mooi en goed. Volgens hom is dit 'n verkeerde beeld. Ons misreken ons as ons...
Dr. Francois Durand: Homo Naledi – ‘n tak of stam van ons familieboom
Dr Durand skets op sy kleurvolle manier die volgende i.v.m. Homo Naledi:- Fossiel voorkoms in Suid Afrika: Meer as helte van die Hominin fossiele wereldwyd kom uit Suid Afrika. Fossiele in Oos Afrika kom voor in vloedneersettings. In Suid Afrika is dit meesal grotte....
Homo naledi – Wikipedia
From Wikipedia, the free encyclopedia Homo naledi is an extinct species of hominin, provisionally assigned to the genus Homo. Discovered in 2013 and described in 2015, fossil skeletons were found in South Africa's Gauteng province, in the Dinaledi Chamber of the...
Oorsprong Van Die Oerknal-Teorie – Pieter Geldenhuys
Oorsprong van die Oerknal-teorie Deur: Pieter Geldenhuys Opsomming : Die Oerknal- ("Big Bang"-) teorie is deesdae die algemeen aanvaarde verklaring vir die oorsprong van die heelal. Maar hoe het wetenskaplikes op die teorie besluit? Wie het die baanbrekerswerk gedoen...
Is Versoening Tussen Natuurwetenskap en die Christelike Geloof Moontlik? – Sakkie Spangenberg
(Lesing gelewer by ’n Midrandbyeenkoms van die NHN op 2 Februarie 2014) The scientific worldview is not about to undergo truly fundamental changes anytime soon. Thus, one can plausibly argue that if religion is to be productively harmonized with science, we must look...