Samelewing
Mense wat met die NHN assosieer en sogenaamd “andersdenkend” of “vrydenkend” is, beleef hulleself dikwels as randfigure ten opsigte van die hoofstroom. Tog bevind ons ons steeds midde-in die kulturele, ekonomiese en politieke milieu van Suid-Afrika. Op die Samelewing-bladsy van die webwerf poog ons om ‘n perspektiewe te belig oor samelewingsinvloede uit die verlede en die hede. Ons kyk hoe die aspekte op ons komplekse land, Suid-Afrika, inspeel en hoe die inligting ons kan help om onsself in die samelewing te posisioneer vir meer sinvolle deelname aan ons ontvouende toekoms.
Neem gerus deel aan die proses!
• Begin ‘n gesprek op ons Facebookblad of lewer kommentaar oor artikels wat hier verskyn.
• Skryf oor ‘n betekenisvolle gebeurtenis of gedagte vir plasing by “Samelewing”.
Artikels
Die Hemelvaart en Wederkoms – Sakkie Spangenberg
Deur: Sakkie Spangenberg Net soos in die geval van die herverskyningsverhale in die evangelies, kry ons met uiteenlopende verhale oor Jesus se hemelvaart te doen. Die evangelie van Markus en die evangelie van Johannes bevat byvoorbeeld nie 'n verhaal oor Jesus...
Slawerny en die Christendom – Dr Chris de Wet
Dr Chris de Wet se insiggewende praatjie: “Slawerny en die Christendom”, by die NHN se Midrandbyeenkoms op 1 Maart 2015, bied baie stof tot dadenke. Enige denkende mens word daardeur geïnspireer om weer ‘n keer oor slawerny in al sy vorme te dink, veral in ons...
Die Stem uit die Storm, Job, sy Vriende en ons – Dr Deon van Zyl
INLEIDING Ons almal ken seker Job se storie en het dit al baie gehoor. Sakkie Spangenberg sê die hele boek kan opgesom word in Job 1 en 2, en die laaste 6 verse. Hier is ‘n kort oorsig: ‘n Vroom en opregte man voer ‘n ooglopend goeie lewe en het talle besittings. Hy...
“Vuurklip” en Blombosgrot – Waar Letterkunde en Wetenskap Ontmoet – Izak Minnie
Vuurklip - Mariè Heese 'n Waardering, aangebied deur Izak Minnie Mariè Heese maak ons bewus van die helende en onderhoudende krag van stories en musiek, ... "en daarmee maak (sy) haar eie storie OOR ONS, vir ons -- een waarvan ons self elke dag steeds medeskrywer is,"...
Waarom Hervorming? – Pieter Botha
Verkorte teks van 'n voordrag voor die Sinode van Noord-Transvaal (2/9/03). deur Pieter Botha Agtergrond: SKLAS (Noord-Transvaal) het twee "nuwe hervormers" genooi om aan die sinode se bespreking van die "nuwe hervorming" deel te neem. Ringe is versoek om vrae in te...
Working Democracy – Dr Christi van der Westhuizen
https://www.academia.edu/7901036/W
NHN Seminaar 2014: Die NHN as Vernuwer in die Afrikaanse Samelewing
As deel van ons 10de bestaansjaar het die NHN op 30 Augustus 2014 sy jaarlikse seminaar by Zambesi Lodge in Montana, Pretoria gehou met die tema: “Die NHN as vernuwer in die Afrikaanse samelewing: perspektiewe op religie en wetenskap, samelewing en geskiedenis,...
Om die Dood in die oë te Kyk – Chris Marais
Deur: CHRIS MARAIS Datum : So 22 Mei 11 In die moderne samelewing word die dood in baie gevalle uit ons ervaringswêreld verdring, asof die dood nie werklik bestaan nie - die groot olifant in die sitkamer waaroor niemand meer praat nie. Dood word in pragtige houtkiste...
Godsdiens en ‘n Demokratiese Samelewing – Pieter Craffert
Deur: Pieter Craffert Een van die grootste misverstande in die huidige debat rondom die Nuwe Hervorming is dat dit slegs handel oor die ontkenning van en aanval op sekere van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof. Daarom word die sogenaamde Nuwe...
Om in Afrika Teologie te Bedryf – Sakkie Spangenberg
Deur: Sakkie Spangenberg Nie in my wildste drome het ek vermoed dat 2003 met 'n hewige godsdiensdebat gaan begin nie. "Waarom sou mense hulle tyd en energie op so 'n sinlose bedryf verspil?" kan mens vra. Vir my is dit duidelik 'n bewys dat mense moeg is om 'n rat...
Die Dogma van die Erfsonde – Sakkie Spangenberg
Deur: Sakkie Spangenberg Die godsdiensdebatte die afgelope twee tot drie jaar toon duidelik dat twee groepe teenoor mekaar staan. Die een groep beklemtoon die tradisionele Christelike dogmas. Die ander groep beklemtoon die nuwere feite wat drie eeue se intensiewe...
Die Religieuse Toneel Verander: Die opkoms van “Progressiewe Christenskap” – Johann Basson
Opsomming
Nigel Leaves bespreek in sy boek “Religion under attack” die talle aspekte wat godsdiens verdag maak en dat dit nodig is dat teologiese denke in voeling moet kom met hedendaagse kennis, navorsingsresultate en metodes van kommunikasie ten einde ‘n ondersteuningskorps met integriteit te behou. Die verdeelde samelewing moet besin oor wapenstryd, etnisiteit en die waardes van lewe en omgewing. Die verdelende kerke kyk vas teen historiese stryde soos die rol van die vrou/ordening van vroulike predikante, die aanvaarding van gay mense, die klem op ‘n lewe wat kom en Christelike eksklusivisme. ‘n Nuwe kyk is dus nodig, na my mening ook deur groepe soos ons wat losgemaak is van kerkstrukture en godsbeskouings van die verlede. ‘n Verbete aanval teen kerke doen na my mening meer kwaad as goed, veral as ons nie kennis dra van die oorgangsproses wat op ‘sagter’ en meer natuurlike maniere reeds besig is om plaas te vind nie. Daar is heelwat organisasies, asook gemeentes, wêreldwyd besig om ‘n nuwe paradigma in te gaan – ‘n verwysingsraamwerk wat die Bybel of ander heilige geskrifte as literêre werke beskou, dit wil sê as kreatiewe menslike produkte soos ander kunswerke waarin mens moontlike betekenis in die metafore kan vind. Hiermee saam verskuif die fokus van ‘n teïstiese God na ‘n lewenswyse volgens die goeie dinge in verhale oor die lewe en lering van Jesus. Hierdie verskuiwing plaas die klem dan ook op die transformasie van werklikheidsaspekte soos etiek, verantwoordelikheid, sosio-ekonomiese geregtigheid, ekologie, harmonie en vrede. Is hierdie paradigma tekenend van ‘n nuwe Christendom wat weggestap het van teïsme, of die bonatuurlike, en nou meer gerig is op lewensvaardighede en kennis? Die doel van die lesing is om aan te toon hoe die religieuse toneel reeds verander het, die maniere van kommunikasie en ontwikkelende narratiewe oor waardes, dinge wat meer aktueel mag wees om die mensdom vir ‘n beter toekoms toe te rus.
Genesis 1 – Uit ‘n Jungiaanse en Alledaags-Praktiese Perspektief – Deon van Zyl
Daar is net een lewe wat lewe. Hierdie lewe manifesteer in oneindige en asemrowende verskeidenhede, anorganies en organies. Maar dit is een lewe wat lewe. Ek verkies hierdie frase “Daar is net een lewe wat lewe” in plaas van die term “God”, maar die term “God” is net...
Eerbied vir Lewe -Pieter J.J. Botha
Alles Wissen ist zuletzt Wissen vom Leben und alles Erkennen Staunen über das Rätsel des Lebens — Ehrfurcht vor dem Leben in seinen unendlichen, immer neuen Gestaltungen. … Und vertiefst du dich ins Leben, schaust du mit sehenden Augen in das gewaltige belebte...
Elke Keer as die Wereld Vergaan – Hansie Wolmarans
1. Tien jaar van Nuwe Hervorming Tien jaar gelede toe die Nuwe Hervorming Netwerk gestig is, het baie mense gedink dis ʼn teken van die eindtye. Ons is uitgekryt as die eindtydse valse profete en die handlangers van die Antichris. Ongeveer sewe en twintig...
Koning Kores, Messias en Menseregte – Perspektiewe Vir Ons Tyd – Fanie Cronjé
MIDRANDBYEENKOMS Die Nuwe Hervorming Netwerk se tweeweeklikse byeenkoms van 27 Oktober 2013 in die MBA Conference Centre Ouditorium in Midrand om 09:30. Beide die Kores-silinder (vaatjie-vormige kleisilinder in Akkadies geskryf) en Jesaja (profete boek in die...
Armoede en die Suid-Afrikanse semeleweing – Prof Eben Scheffler
Deur: Prof Eben Scheffler Datum : So 13 Okt 13 In sy aanbieding sal Eben kortliks die probleem van armoede wereldwyd en veral in Suid-Afrika skets. Alhoewel dit allerweë erken word dat Jesus van Nasaret self arm was en vir die armes opgekom het, kan die vraag met erns...
Die Samelewing en Seksuele Oriëntasie – Marietjie v Loggerenberg
Deur: Marietjie v Loggerenberg Datum : So 29 Sep 13 “Life begins at the end of your comfort zone.” - Neale Donald Walsch Marietjie sê: "Miskien is dit wat met my gebeur het die afgelope 13 jaar. Ek het begin lewe – as ‘n getroude straight vrou in die gay wêreld. Oor...
Gesprek oor gay-wees – Marietjie v Loggerenberg en Ds. André Muller
“Life begins at the end of your comfort zone.” - Neale Donald Walsch Miskien is dit wat met my gebeur het die afgelope 13 jaar. Ek het begin lewe – as ‘n getroude straight vrou in die gay wêreld. Oor die afgelope jare het die gay samelewing my begin vertrou en hul...
‘n Samelewing Sonder Godsdiens? – Dr Hanneli Bendeman
‘N SAMELEWING SONDER GODSDIENS? Deur: Dr Hanneli Bendeman Datum : So 15 Sep 13 In Hanneli se persoonlike reis van christen na spiritualiteit, deur ateisme en agnostiek tot waar sy nou is …. het die dissipline van sosiologie en die etiek … baie gehelp met vrae, analise...